Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Kuifie gaan fliek toe

Kuifie is oppad fliek toe, en nie een keer nie, daar is 'n trilogie in die pyplyn.

Die Brit Steven Moffat is tans besig met die teks vir die flieks wat gebasseer word op die boeke van die Belg George Remi wat onder sy pennaam Hergé verskyn het. Moffat is bekend vir sy teks van die Britse TV-reekse The Office (1996) en Jekyll (2007).

Van Hollywood se beste regisseurs gaan verantwoordelik wees vir die eerste twee films. Steven Spielberg sal een doen en Peter Jackson een. Spielberg, wat geen bekendstelling nodig het nie, se laaste film was Munich (2005). Hy is op die oomblik besig met die verfilming van Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull wat volgende jaar vrygestel word en Lincoln wat in 2009 verskyn. Ons kan ook Interstellar van hom verwag in 2009. Spielberg het die Oscar gewen vir Beste Regisseur en Beste Film vir Schindler's List (1993) en vir Beste Regisseur vir Saving Private Ryan (1998).

Peter Jackson was die regisseur van The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (2001), The Lord of the Rings: The Two Towers (2002), The Lord of the Rings: The Return of the King (2003) en King Kong (2005).

Dit is nog nie bekend wie die regisseur van die derde film gaan wees nie.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner