AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Heartbreak KidJMMet : Ben Stiller Indien jy gereeld gaan fliek ken jy die storie. Jy gaan fliek toe en jy weet presies wat jy gaan kyk. Daar gekom trek iets anders jou aandag, maar uiteindelik gaan kyk jy nie een van die twee nie. My derde en heel moontlik verkeerde keuse verlede week was The Heartbreak Kid. Die titel het iewers 'n klokkie gelui wat my meegedeel het dat hierdie 'n moderne weergawe was van iets wat ek al gesien het. Was ook so, maar ek moes weet wat wag toe ek die Farrelly-broers se naam sien. Baie van ons ken die storie. 'n Man trou met 'n vrou en op die wittebrood besef hy dat sy van haar trollie af is. Dié ou vind egter iemand anders op die wittebrood op wie hy smoorverlief raak. Die vorige weergawe was 'n baie aangename storie, maar hierdie een is genoeg om mens depressief te maak. Die Farrelly-broers kon nooit werklik weer met 'n goeie komedie vorendag kom na There's Something About Mary nie en hierdie is hul swakste poging tot op datum. Indien jy gedink het Me, Myself, & Irene, Shallow Hal of Stuck on You is pateties moet jy asseblief nie naby The Heartbreak Kid kom nie.
So swak, jy sal dit nie eers op DVD wil kyk nie! |