Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Surf's Up

JM

Met die stemme van: Shia LaBeouf, Jeff Bridges, Jon Heder & James Woods
Regisseur: Ash Brannon & Chris Buck

Eers was dit March of the Penguins, toe Happy Feet, hel, kom ons tel sommer The Sound of Music ook by. Net verdomp pikkewyne waar jy kyk.

Surf's Up is tipies van Amerikaanse animasieprente, te slim vir kinders en te simpel vir grootmense. En die musiek is nie in dieselfde klas as Happy Feet nie.

Dit beteken natuurlik nie dat jou kinders dit nie sal geniet nie. Pikkewyne wat kan surf ís mos cool. Dit is dan ook waaroor Surf's Up handel, Pikkewyne wat surf en leer surf. Cody (Shia LaBeouf) is die leerjonge en Big Z/Geek (Jeff Bridges) is die leermeester. Indien ek nie in die laaste paar jaar geskryf het oor goeie werk van Bridges se kant af nie is hierdie nou 'n geleentheid. Hy is die spil waarom alles draai en sonder hom sou die film lelik gewankel het aangesien die ander akteurs se bydraes maar skraps is. Hier en daar is die grappies ook half snaaks.

Is dit 'n branderplank of is jy net bly om my te sien?Surf's Up is gemaklike vakansievermaak. Maar nou moet julle my verskoon, ek moet gaan google vir prentjies van pikkewyne.
6 uit 10

Voorprent: Surf's Up ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner