Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Anna ontvang SAMA Nominasie

Anna Davel se 3de album Godinne op die grondpad is sopas aangewys as 1 van 5 nominasies vir die 2006 SAMA vir Beste volwasse kontemporêre album! Saam met haar is Chris Cameleon, Theuns Jordaan, Karen Zoid en Lize Beekman in hierdie kategorie vir Afrikaanse albums genomineer. Die bekendmaking het Donderdag aand 16 Maart plaasgevind by Moyo in Loo Lake, en van die land se voorste musikante het die geleentheid bygewoon, oa. Judith Sephuma, Arno Carstens, Matthys Roets, Shine4, Karen Zoid. Die onderskeie wenners van hierdie nasionale musiek toekennings word in Mei tydens die jaarlikse glansfunksie bekend gemaak.

Davel voel geëerd om uit al die massas inskrywings genomineer te word. Die feit dat sy onafhanklik en sonder die hulp van 'n platemaatskappy die produksie gefinansier en behartig het, maak die erkenning soveel meer waardevol.

'Ek hoop dit inspireer ander kunstenaars wat soos ek nie noodwendig groot kommersiële verkopers is nie om met passion voort te gaan en steeds hulle ding te doen. Dit is ook wonderlik dat Select Music Distribution bereid was om hierdie spesifike album op hulle katalogus te plaas om so ook die ander kant van die Suid Afrikaanse musiekbedryf ondersteun.'

Die musiek op hierdie album is suiwer Davel in murg en been, met witwarm, 100% oorspronklike musiek en liriek uit haar pen. Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk tydens die opname van Godinne. Mauritz Lotz - kitaar, Neill Etteridge- Tromme, Brendan Ross- Saxofoon, Fuzz, Vincent van Rooyen e.a. Die musiek regie is behartig deur die fenominale Matthys Maree, wat ook verantwoordelik was vir Davel se eerste 2 albums (Te Diep en Gypsy) wat ook onderskeidelik in 2001 en 2004 vir hierdie kategorie genomineer is.

Die live produksie Godinne op die grondpad het in 2005 elke uithoek van die land verken oa Volksblad Kunstefees, Gariep Kunstefees, Aardklop- en Innibos kunstefees, sowel as 'n toer deur die Oos- en Wes-Kaap.

Koop / Buy Godinne op die Grondpad....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner