Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Muzik an de Method

Muzik an de Method

K. Rasta

Tidal Waves se Muzik an de Method is 'n belangrike gebeurtenis in Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. Klink dalk asof ek 'n berg van 'n molshoop wil maak, maar gun my 'n verduideliking.

Muzik an de Method val op my oor soos die roots-rock-reggae van ouds. Dalk weer 'n oordrewe stelling, maar aan die hand van bietjie musiekgeskiedenis kan ons verder delf.

Iewers in die 50's, voor die bestaan van verbeeldinglose terme soos "cool tunes" of "gatskop", het 'n nuwe musiekstyl die verbeelding in Jamaika aangegryp, Ska. Dit was 'n mengsel van die plaaslike kalipsodans met Jazz en Rhythm and Blues uit Amerika. Teen die 60s het 'n nuwe rustiger tipe styl hieruit ontwikkel wat die pionier Alton Ellis Rocksteady genoem het.

Dit was Ska en Rocksteady waaruit Roots Reggae opgestaan het. Die was 'n nuwe, meer spirituele klank en opgedra aan die man homself Jah Rastafari. By die tyd het almal al gehoor die man wat dit bekend gemaak het, Bob Marley.

Dis hier waar die fynskrif op die omslag van Muzik an de Method belangrik word. Die produksie is behartig deur Lanie van der Walt, van Not my Dog-faam. Van der Walt se Rock stempel is een van die album se belangrikste elemente.

Ek raai dat nommers vyf, Lekker Lekker Dans en sewe, die Koos Kombuis cover Hartseerland baie aanhangers gaan wen vir Tidal Waves. Maar maak jou ore bietjie wyer oop. Luister vir die Afrika-invloede, die spirituele elemente, die issues wat ons almal s'n is.

Muzik an de Method is Roots-Rock-Reggae van wêreldgehalte met 'n geur eie aan Afrika, Suid-Afrika.

Nie sleg vir 'n band uit Klerksdorp nie.
Koop / Buy Muzik an de Method....

Koop / Buy Muzik an de Method ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner