AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Lady AAmanda Strydom kombineer in Lady A haar Afrikaanse werke met liedjies in Engels, Zoeloe, Nederlands en Frans, asook liedjies van haar nuwe album wat in Augustus opgeneem gaan word. Haar omvangryke repertoire dek blues, ballades, torch songs, chansons en rock en haar nuwe liedjies het gehore gaande gehad by vanjaar se KKNK waar haar produksie Robyne die nr 1 posisie op die Krit se toptienlys vir drie dae behou het. Kyk uit vir haar Mini CD single, Slippers van Satyn, wat by haar vertonings beskikbaar is. Sy het dit net voor die KKNK opgeneem en die CD bevat net vier liedjies in uiteenlopende style. Die titelsnit het gehore in Oudtshoorn op hul voete gehad. Strydom het in 2004 die SAMA vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album gewen vir haar konsepalbum Verspreide Donderbuie. Sy het vier Geraas, twee Showtime, vier FNB Vita-toekennings asook die Dalroprys ingepalm oor die afgelope elf jaar. Sy is by die 2004 KKNK vereer as Beste Vroulike Kunstenaar. Die briljante Janine Neethling (klavier en akkordion) is musikale regisseur
en Floors Oosthuizen (kitaar)en David Klassen (perkussie) voltooi die
>ensemble van Lady A. |
Musiek |