AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Groen TruiDie vollengte en offisiële Groen Trui-album van Jan Blohm is hier ... en dit is Jan Blohm soos jy hom nog nooit gehoor het nie. Groen Trui gaan nog in Afrikaans wees wat die klassieke Dark Side of the Moon van Pink Floyd vir musiek en rock was. Jan Blohm het binne minder as drie jaar na sy debuut album Melkstraat Confessions en sy tweede album 'n Stille Runaway nou al amper kultus status in Afrikaans bereik. Daar is niemand wat kan doen in Afrikaans wat Jan Blohm op 'n verhoog doen nie. Groen Trui maak sy verskyning net agt maande na die tweede album 'n Stille Runaway. Blohm bevestig self dat hy so vinnig 'n nuwe album uitbring omdat hy teen 'n lekker spoed skryf en hy wil nie die 'gevoel' van die materiaal verloor deur te lank te wag om weer in die studio in te loop nie. Die album bied alles van blues in Jack Johnson styl, 'n Pink Floyd-gevoel met Laaste Wals, tradisionele rock (Sondaglover) tot by oorspronklike GRONK! Blohm en Kabous Verwoerd het juis "grunge" vertaal en pen Blohm se klank vas as Sunnyside Karoo GRONK. Die album is opgeneem in Sean Manley se studio en daardie intieme gevoel van Melkstraat Confessions is terug. Die "sound" van die album is nie te groot nie en so naby aan 'n lewendige optrede as wat jy kan hoop om te kom. Die titelsnit "Groen Trui" is 'n ander opname as die snit op die klankbaan van Orion. Hierdie keer is die snit langer en hou dit 'n paar verassings in soos die drom solo. "Maria Magdalena" is spesiaal geskryf vir 'n kanker projek en kompilasie album wat die lig sal sien in 2007. Die bekende "Sondaglover" is nou 'n voetstamp "rock tune". Volgens Blohm moet 'n mens aanbeweeg en is hierdie liedjie nie meer hartseer nie maar nou 'n viering van die lewe vir hom. Die snit waarop almal al so lank wag, "Johnny K", is uiteindelik as 'n klassieke rock opera opgeneem op Groen Trui. Die opname van "Groen Trui" was die "real deal" en Blohm het net soos op die verhoog met die opname van "Johnny K" sy amps omgestamp en sy kitaar neergegooi in die studio. Jan Blohm se albums val nou onder die vaandel van Hathor Records. In 2007 lê daar 'n België toer voor , 'n nuwe akoustiese album wat reeds geskryf is en 'n moontlike lewendige DVD. Die begin van 'n nuwe era in Afrikaanse musiek het aangebreek.nog dieper, meer rou en net meer unieke Jan Blohm met Groen Trui. Koop / Buy Groen Trui ...Koop / Buy Groen Trui MP3's ... (net een of almal) |
Musiek |