AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Doem Doem DoemLeandi en Lelani is `n 17-jarige identiese tweeling wat vanaf 2000 onder die naam Take 2 optree. Musiekregisseur Theo Crous (van Kobus! en Springbok Nude Girls) het hulle by `n vertoning in 2006 raakgesien en was so beïndruk met hulle gemak op die verhoog, stylvolle-pret aanslag en ooglopende talent, dat hy aangebied het om hulle debuut CD Doem Doem Doem te vervaardig. Doem Doem Doem bestaan uit 10 Afrikaanse liedjies wat deur Take 2 self geskryf is. Dit tref as vars vrolike pop, met die afwisseling van sielvolle ballades en selfs ook`n bietjie gatskop rock. Leandi en Lelani skryf meestal saam aan `n liedjie. As jy die tweeling beter ken is dit opmerklik wie van die twee se oorspronklike idee dit was. Leandi skryf meer met dieper insigte, terwyl Lelani meer spontaan en die "lawwe" een van die twee is. Hulle liedjies word geiinspireer deur wat daagliks om hulle gebeur: `n Voorval by die skool, `n vriendin se moods, `n straatkind wat bedel en om na ander mense se stories te luister. Take 2 het Doem Doem Doem bekendgestel by die KKNK 2007. Hulle was daagliks by Hunter`s Den en ook op die Huisgenoot-verhoog en 4 April op RSG se verhoog vir 'n direkte uitsending tussen 10h00 en 11h00. (By KKNK 2004 was hulle optrede op die RSG-verhoog so goed ontvang dat sekuriteit van die mense moes verwyder. Die aanhangers wou nie loop voordat Take 2 nie `n encore gedoen het nie.)
Take 2 beplan ook later vanjaar `n nasionale toer. Hulle skryf hierdie jaar matriek aan die Hoërskool Brackenfell en beoog om vir die derde agtereenvolgende jaar akademiese erekleure te behaal. Met die jeugdige lewering van dinamiese, ongekunstelde liedjies en die feit dat mens letterlik twee keer moet kyk om dié besonderse susters se talente te ervaar, is Take 2 verseker oppad om `n groot indruk op die Suid-Afrikaanse musiekmark te maak. Koop/Buy Doem Doem Doem CD ... |
Musiek |