AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Raaisels, Skepe en 'n Duisend dromeDertien kraakvars nuwe songs geskryf deur Anna Davel. Verlede jaar was daar heelwat hoogtepunte, 'n Sama-toekenning vir Godinne op die Grondpad, 'n Toer na Kanada, 'n splinternuwe Jazz Swing CD ( die Linger-duo met Matthys Maree) maar nou is dit weer tyd vir vere skud! Anna reik hierdie jaar haar 4de solo album uit en toer tans om die nuwe program bekend te stel. Raaisels, Skepe en 'n Duisend drome is 'n produksie met heelwat gatskop, en saam met haar op die verhoog is die vervaardiger en musiekregisseur van die album, Matthys Maree, op klavier. Sy vertel van haar nuutste stories en reise, en ook natuurlik die van 'n paar ander vreemde karakters. Daar is skepe op die oop see, die maan wat breek in die water, reise sonder of met bagasie, in snithete en ysige koue, met onafwendbaar, hier en daar 'n verkeerde afdraai ... Daar is liedjies van terugverlang huistoe, rondlopers, die getroues en ontroues, dronk matrose en hawelose tieners, Ou liefde wat maar sukkel, nuwe liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms van 'n Duisend Drome ... Tog, op een of ander manier, wanneer mens dit die minste verwag, land jy maar iewers weer met jou voete stewig op die grond. Davel so vorige 2 albums (Te Diep & Gypsy) is elk genomineer vir 'n SAMA-toekenning, en sy het ook vroeër die jaar 2 konserte in London gedoen. Met haar 4de CD op die rakke, weet mens nou dat sy hier is om te bly. |
Musiek |