AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Strate van my hartDis net meer as 'n jaar gelede wat Jak de Priester se debuut-album Sally Williams Nougat vrygestel is en hy met die Geraas-toekenning vir Beste Nuweling weggeloop het - dit nadat hy in 2002 as Crescendo-wenner aangewys is. Intussen het soveel in sy loopbaan gebeur en ontwikkeling plaasgevind dat dit 'n noodgedwonge stap was vir die daaropvolgende album getiteld Strate van my hart om te verskyn en die mark met mening te tref. Soos die eerste album, skryf Jak weer oor die liefde en die omgewing waarin hy homself bevind, maar hy vat dit die keer verder en ondersoek onbekende gebiede, soos "Long Street" in die Kaap, die strate van Europa, die lewe as 'n sanger en 'n skrywer, raak stories aan wat die koerante gehaal het, soos die verhaal van Happy Sindane en vergelyk "Kinders van die wind" met die "kinders van die tyd" ...
|
Musiek |