AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Trots AfrikaansHierdie CD skop af met die eers beroemde, toe byna berugte Bok van Blerk se "De la Rey". Het jy Bok se CD nog nie aangeskaf nie, is "De la Rey" genoeg rede om hierdie versameling aan te koop. Nie een van Afrikaans se gewildste kunstenaars is agterweë gelaat nie: Met Steve Hofmeyr se treffer "My Diefie My Duifie" en Juanita du Plessis se "Boerejol" sal jy die son sien opkom ná 'n hele aand se paartie. Of sit jy en `n paar pêlle om 'n kampvuur, biertjie in die hand en 'n tjop op die kole, is Trots Afrikaans die regte keuse met kunstenaars soos Dozi, Theuns Jordaan en Hugo. Dan is daar ook saamsingtreffers soos Nicholis Louw, die Poprock-prins, se "Ek Onthou". As jy meer nostalgies is, is daar die pragtige ballade "Wagtyd" van die supercool Chris Chameleon. Afrikaans se divas word nie agterweë gelaat nie - die Idols-wenner Anke se nuutste treffer "Mis Jy My Nog `n Bietjie" sal verseker paartjies op die dansvloer diep in mekaar se oë laat kyk. En niemand kan so speels en uitgelate wees soos Laurika nie. Sy sing haar nuutste, "My Ou Tante Koba". Voorwaar 'n CD vir elke bui.
|
Musiek |