Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Hier langs my

Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert is 'n gedugte kombinasie. By hierdie jaar se KKNK is hulle onderskeie produksies beide vir Kannas in die musiek-kategorie genomineer. Maar dié twee speel eintlik al jare lank in dieselfde span. Schalk se Kanna vir Kayamandi bevestig net wat Laurinda reeds lankal weet : haar baskitaarspeler en vennoot is 'n kunstenaar in eie reg.

Die eenvoudige maar intelligente verwerkings wat ontstaan as Schalk en Laurinda saamwerk, kan helder gehoor word in die program Hier langs my. Dié program bied Laurinda in haar mees gestroopte vorm, slegs met Schalk aan haar sy. Woorde soos "eksoties", "magies" en "sielvol" is al dikwels gebruik vir Laurinda se vertonings. Min kunstenaars kan digters se woorde só laat sing. Voeg by hierdie toonsettings die musikale gesels van twee ou vriende en jy kry Hier langs my. Net stem, klavier en baskitaar fyn ingestem op mekaar.

Laurinda Hofmeyr en Schalk JoubertGeen uitvoering van Hier langs my is ooit dieselfde nie. Aanhangers kan heelwat nuwe klanke verwag: Splinternuwe toonsettings asook dié wat vir die eerste keer in hul meer gestroopte vorm gespeel word. Maar vir 'n wintersaand beloof Laurinda en Schalk ook die bekende klanke van ou gunstelinge om die koue te verdryf.

Hierdie twee vernuwende musikante maak musiek wat jou veel langer as die duur van Hier langs my sal bybly.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner