AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Die Lozana Straat ToerDie 2007 Lozana Straat Toer gaan gehore die kans bied om die nuwe songs van Jan Blohm te hoor. Bewonderaars gaan die geleentheid kry om die gedaantewisseling van die Groen Trui-sanger van nader te aanskou. Baie onthou hom as die skaam man wat onder deur sy blonde kuif na die gehoor geloer het, maar na sy internasionale toer na België, blyk dit dat daar nou meer skuil agter die kuif as wat baie besef het. In die midde van die Belgiese dorp Antwerpen, waar hy opgetree het saam met onder andere Amanda Strydom, het Jan besef dat daar nuwe geleenthede is wat hy graag met sy ondersteuners wil deel. Nuwe emosies en gedagtes wat ontbloot moet word. Nuwe musiek style. 'n Nuwe Jan Blohm. 'n Meer volwasse Jan Blohm. Die Lozana Straat Toer skop af die 28ste Julie by JR2 in die Vrystaat en eindig op die 1ste September by die Gariep Fees in Kimberley. Dié toer beteken ook die einde van 'n hoofstuk en die einde van die 'ouer' Jan Blohm songs. "Jy kan nie vorentoe beweeg as jy agter toe kyk nie, dit is hoekom ek die leisels van dié songs in die lug in laat gaan. Ek moet plek maak vir die nuwe tunes wat in my binneste draai. Wie weet wat kruip nog weg in my onderbewussyn. Met die egskeiding van die golden oldies gaan ek plek hê vir nuwe songs in my hart," is Jan se mening omtrent die radikale besluit. Venues wat die toer gaan huisves, sluit in die Dorpstraat Teater, Die Boer, Potters' Place en Durbanville Kunskafee. |
Musiek |