AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Koebaai Moord, koebaai koebaaiDie Brixton Moord & Roof Orkes kondig met leedwese aan dat hulle afskeid neem van hulle tromspeler en stigterslid Moord Greeff. Moord sal Donderdag, 26 Julie, vir die laaste keer saam met die orkes in aksie gesien kan word by Steak&Ale in Bothalaan, Lyttelton - een van die orkes se gunstelingvenues. Moord het aangekondig dat hy aan die begin van Augustus vir 'n "onbepaalde tyd" na Montreal in Kanada verhuis. Sy plek sal voortaan gevul word deur Andrew Evans, wat al as tromspeler vir Plank, Miss September en Bacchus Nel opgetree het. Hy was ook onlangs in aksie saam met Paul Riekert, Piet Botha, Marcel van Heerden, Brixton Barnard, Esmé Evakwaad en 'n aantal ander kunstenaars in 'n huldeblyk aan wyle Johnny Cash. Andrew sal in die orkes se tradisie voortaan as Moord Evans bekendstaan. Ockert "Moord" Greeff het die orkes in 1999 saam met Andries "Roof" Bezuidenhout gestig. Kort daarna het Steve "Brixton" Savage as baskitaarspeler aangesluit. Hy het ongelukkig na Zambië verhuis en is deur Drikus "Brixton" Barnard vervang. In 2002 het Kapelaan Pat Plank as kitaarspeler aangesluit. Moord Greeff was nie net 'n tromspeler nie, maar ook die skrywer van 'n aantal van die Brixton Moord & Roof Orkes se lirieke - insluitende die titelsnit van Terug in Skubbe, asook songs soos "Dronk op jou eie", "Goud in my brandy en Coke", en die verbasend sensitiewe liefdeslied "Wit wolke". Die Brixton Moord & Roof Orkes het twee CD's uitgereik - Spergebied in 2002 en Terug in Skubbe in 2005. Hulle was besig om aan 'n volgende CD te werk - voorlopig Mombak se sin gedoop. Die orkes beplan op die oomblik 'n aantal nuwe musiekvideo's, hulle sal voortgaan met die opname van Mombak se sin, en hulle beplan 'n toer Kaap toe vir Desember. |
Musiek |