Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Raaisels, Skepe en 1000 Drome

Anna Davel se nuwe oorspronklike album is uiteindelik op die rak na 9 maande in die studio. Sy het in 1998 haar studies in ligte musiek voltooi by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Weereens is dit suiwer Anna in murg en been, met 13 witwarm, 100% oorspronklike liedjies uit haar pen asook 'n splinternuwe bonus musiekvideo. Die liedjies is almal geskryf oor die afgelope paar jaar; meeste daarvan in die Vrystaatse dorpie Rosendal wat een van haar gunsteling kreatiewe wegbreekplekke is.

Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk om hierdie album uniek te maak en sluit in Mauritz Lotz, Bruce Wallace, Rixi Roman, Adam Howard, Jean Oosthuizen en Riana Nel. Daar is ook 'n verassing - 'n smeulende Latino duet met die rasper rocker - Ghapi! Die musiekregie en vervaardiging van die album is behartig deur Matthys Maree wat ook verantwoordelik was vir Davel se eerste 4 albums Te Diep, Gypsy, Godinne op die Grondpad en Linger.

Anna se lirieke deel stories van haar reise en natuurlik ook dié van 'n paar ander interessante en vreemde karakters. Sy vertel van skepe op oop oseane, reise sonder of met bagasie, in snikhete of ysige koue, met onafwendbaar, hier en daar 'n verkeerde afdraai. Daar is liedjies van terugverlang huistoe, rondlopers, getroues en ontroues, 'n dronk matroos en 'n verwarde tiener, Gewondes en verstotelinge, ou liefde wat maar sukkel, nuwe liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms ... Die lewe bly 'n raaisel ... Tog, op een of ander manier, wanneer mens dit die minste verwag, land jy maar iewers weer met jou voete stewig op vaste grond.

Die musiek is effens meer ritmies as haar vorige album, en die uiteenlopende style werk saam om 'n besonderse energie te gee wat regdeur die album pols. Sy wissel gemaklik tussen haar kenmerkende sielvolle ballades ("Verdoof" en "7 Jaar"), na vars Afrikaanse Jazz-swing nommers ("Los hom" en "Hoe ek daarvan hou"), Engelse folk ("In Flames"), Raserige gatskop blues-rock ("Loop in die lig"), rustige luisterliedjies ("Dit wat stom is" en "Take me home"), Country-rock ("Auburn sky"), Latino ("The sailor"), en natuurlik hier en daar is daar die wispelturige Gypsy wat onvoorspelbaar haar kop uitsteek ("As jou hart reg klop").

Raaisels, Skepe en 1000 DromeHaar musiek word tans gehoor op verskeie radiostasies in Suid Afrika en Namibië, en sy het ook die afgelope paar jaar opgetree in o.a London, België, Namibië en Kanada. Sy beplan om die land aan die brand te toer en maak o.a 'n draai in.die Paarl, Stellenbosch, Potchefstroom, Bloemfontein, Vryburg, Worchester, Kaapstad, Pretoria, Johannesburg, Port Elizabeth en Jeffreysbaai met Raaisels, skepe en 1000 drome.

Koop / Buy Raaisels, Skepe en 1000 Drome ...

Koop / Buy Raaisels, Skepe en 1000 Drome ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner