AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . donker grondSewe jaar na ddisselblom se eerste album en drie jaar na die laaste album word donker grond nou bekendgestel. Dit is ddisselblom se derde vollengte CD en in baie opsigte 'n terugkeer na ddisselblom se 'musikale wortels'. 'n Goeie mengsel van liefdesliedjies, komiese lirieke en sosiale kommentaar soos net Johrné, Jaco en Lienka kan optower! Die diversiteit van die album is 'n getuigskrif van die individuele groei binne die groep. Kort op die hakke van Johrné (My Seun Mieliepap) en Lienka (Lienka) se solo projekte
kan daar nou uitgesien word na donker grond en die unieke ddisselblom klank. Daar is
nuwe materiaal soos "Kiepie en Kandas", "Vryburger", "Verdwyn", "Moolah", "Jobangensburg"
en "Voorstedelike Liefde", maar aanhangers van ddisselblom se live shows kan ook
uitsien na Koos Kombuis se "Lente in die Boland" (met 'n twist!) en "Good News" (uit
Jaco se pen). Lienka stel ook nie teleur met haar roerende vertolking van Depeche
Mode se "Somebody" (verwerking gedoen deur Johan Heystek) nie. |
Musiek |