AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Be The LionBe the Lion is verfrissend in 'n tydperk waar rock musiek 'n terugkeer maak met baie oorvervaardigde pogings. Die album is Southern Gypsey Queen se 4de vrystelling maar vang suksesvol die essensie van al die vorige albums vas met 'n nuwe passie. Southern Gypsey Queen het saam met Lanie vd Walt van Wolmer Studios duidelik besluit om die nuwe album 'n kombinasie te maak van die skop van Sweet Voodoo maar sonder om die harmonie van Rise Up prys te gee. Tydens verwerking van die snitte het Southern Gypsey Queen gekies om die nuwe CD 'n 'lewendige optrede' gevoel te gee en dit lei tot 'n baie eerlike interpretasie van die snitte en die musikante. Die lirieke herinner aan ou skool protesliedjies omdat snitte soos 'Be the Lion', 'Radio Revolution', 'Lose My Mind', 'Homeland', en 'Let it Burn' sterk emosies weergee. Southern Gypsey Queen het vir die eerste keer die handskoene afgehaal en praat uit die hart uit. Die album het oor die algemeen 'n ernstige ondertoon maar die ligter kant van die diverse groep skemer wel deur.
|
Musiek |