Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Bacchus gekelder deur roof

Bacchus Nel, sanger van die bekende "Oppiplaas" en "Herfsman", is Sondagaand een van vele musikante wat prooi geval het in die golf van misdaad wat oor Suid Afrika vloei.

Bacchus en sy troebadoere was Sondag aand by The Bohemian in Auckland Park gewees vir die skiet van die musiek video van Brixton Moord en Roof. Hulle was vroeg dag al daar gewees en a.g.v al die BMR ondersteuners, moes hulle vêr weg stop. Later die aand het Bacchus dit goed gedink om die bussie bietjie nader te laat trek maar toe hulle buite kom het hulle besef iemand het dit reeds verskuif, effens verder as wat hulle sou verkies.

Met die vinnige optrede van NetStar, is die bussie in Soweto opgespoor maar die klank-toerusting was reeds verwyder. Alhoewel Bacchus verantwoordelik genoeg was om die toerusting te verseker, is dit 'n ope vraag of dit wel gedek is.

Bacchus lei nou 'n ontsaglike verlies aangesien sy enigste vorm van inkomste sy musiek loopbaan is. Maar die man met die lirieke laat hom nie deur iets so klein soos diefstal onderkry nie. Hy het nogsteeds genoeg toerusting om 'n fantastiese vertoning te lewer. Hy tree eerskomede Donderdag op by Jan Harms Gat saam met skrywer Dana Snyman en digter Kabous Verwoerd.

"Ek sal maar vir Vader Kersfees 'n briefie skryf en vra of ek 'n goeie seun was die jaar en hopelik 'n nuwe kitaar kan kry. Ek twyfel want ek jaag maar baie aan maar jy weet nooit nie," is al wat Bacchus te sê het oor die onsmaalike affêre.

Maak seker julle kry Bacchus se vertoning te sien, die Donderdag aand om 20:00 by Jan Harms Gat in Cullinan en as jy nou nog nie sy album, In die Arms van die Nag het nie, doen jouself 'n guns en gaan luister!





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner