AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Valiant en Ollie palm twee toekennings inDie boeremusieklegende Ollie Viljoen en die bluesrocker Valiant Swart se eerste gesamentlike boeremusiek album,
Vuur en Vlam, is in April 2007 uitgereik. Vuur en Vlam het vinnig diep in die harte van aanhangers gekruip en dié
gewilde album is die afgelope week met twee toekennings bekroon: Vuur en Vlam is die resultaat van Valiant en Ollie se liefde vir boeremusiek, en hul oortuiging dat hierdie eg Suid-Afrikaanse musiekstyl vir geen ander volksmusiek ter wêreld hoef terug te staan nie. Valiant en Ollie het die afgelope paar maande skares by verskeie feeste oa Oppikoppi, Northam en Oppiaarde, Aardklop op hulle voete gehad. Hulle het ook `n draai in Londen gaan maak en onlangs by die gewilde Huisgenoot Skouspel in Sun City opgetree. Valiant en Ollie tree eerskomende Saterdag 27 Oktober op by die viering van RSG se 70ste bestaansjaar by die Balsaal, Carlton Sentrum Johannesburg. (Hierdie geleentheid is slegs vir genooide gaste. Dertig gelukkig luisteraars sal ook die geleentheid bywoon.) Kyk uit vir die nuwe Vuur en Vlam - Die ateljeesessies in beeld DVD wat in November uitgereik word.
Die opnamesessies van Vuur en Vlam is volledig verfilm. Die redigering hiervan word gedoen deur Neil Sandilands en die
vervaardiger is Johan Badenhorst. |
Musiek |