AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Staande ovasies vir Klassieke ChameleonDie DVD opname van Chris Chameleon se Klassieke Chameleon by die Aula Teater op 26 en 27 Januarie 2008 was `n groot sukses. Beide vertonings is deur `n gehoor van meer as `n duisend mense bygewoon en staande ovasies na albei vertonings het gespreek van groot lof vir `n produksie van uitstaande gehalte. Chris het met `n span musikante opgetree wat hom op tjello, fluit, klavier, kitaar en met perkussie begelei het. Dié veelsydige verkleurmannetije het nuwe, klassieke verwerkings van sy eie liedjies onder andere "Eerste Oogopslag"; "Sterredank", "Die Onverkrygbare", "Bitterbessie Dagbreek" en "Saved" aangebied. Chris het ook tot groot applous van sy gehore onvergeetlike weergawes van bekende liedjies soos "O Sole mio", "Here comes the night","Sunrise Sunset" en die "Onse Vader" gelewer. Lize Beekman het as gaskunstenaar `n duet van Chris se liedjie "Ek vir jou" saam met hom gesing. Om alles af te rond het Chris se humoristiese sêgoed tussen die liedjies deur die gehoor gaande gehad. Klassieke Chameleon sal ook by KKNK, Oudshoorn aangebied word. Die DVD word in Maart 2008 bekendgestel. Klassieke Chameleon DVD sal Chris se derde DVD wees wat uitgereik word (ander: Volkleur en Flight of an Extraordinary Alien.) Een van die besonderse elemente van Chris se DVD uitreikings, is dat dit sy verstommende 4-oktaaf stemwerk uitbeeld. Die enigste manier om dit wat `n mens sien oor te vertel, is om die DVD uit te haal en te wys!
Chris het sopas die goeie nuus ontvang dat sy eerste Afrikaanse album, Ek herhaal jou waarin hy gedigte van Ingrid Jonker verwerk het, platinum status in verkope bereik het. Ek herhaal jou het vanaf dit in 2005 uitgereik is, groot opslae gemaak in die Suid-Afrikaanse musiek- en letterkundige bedryf. Chameleon se bydrae tot die herlewing van digkuns by 'n breër publiek is ook `n noemenswaardige gevolg van hierdie tydlose album. |
Musiek |