AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Reis na die SuideLaurinda Hofmeyr se musiek maak gedigte wakker. Reis na die Suide is `n unieke album waarin Laurinda die ritme, ruimte en betekenis van aangrypende Afrikaanse gedigte vertolk. Die luisteraar word meegevoer op 'n reis deur bekende Suid-Afrikaanse landskappe en dit is uiteindelik ook die verborge innerlike landskappe wat nie onaangeraak bly nie. Breyten Breytenbach is duidelik 'n digter wat Laurinda aanspreek. Ses van sy gedigte word ingespan om besondere musikale horisonne te verken. Drie hiervan is nuwe toonsettings wat nog nie in Laurinda se vertonings gehoor is nie. Gunstelinge by haar vertonings soos Eugène Marais se bekende "Die dans van die reën" en Fanie Olivier se "Last grave at Dimbaza" kan ook op die CD gehoor word.
Met die hulp van die twee ou staatmakers, Schalk Joubert (musiekregie) en Jürgen Von Wechmar (klankregie en vermenging), neem hierdie CD 'n unieke klank aan wat die ritme, ruimte en betekenis van die woorde vertolk. Koop / Buy Reis na die Suide CD ... |
Musiek |