AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Sit 'n bietjie langs mySit 'n Bietjie Langs My is geleentheid vir die publiek vir terugsit en lekker-luister na die liedjies van Lize Beekman se nuwe solo-CD. Na die sukses van haar vorige solo-CD, Draadkar oor die See (2005) en die onlangse vrystelling van Lize Beekman Lullabies (2007), is dit met groot afwagting en opgewondenheid wat haar aanhangers uitsien om die nuwe liedjies te hoor. Alles natuurlik oorspronklike musiek en liriek uit die pen van dié bekroonde sanger-liedjieskrywer. Liedjies van die nuwe CD sluit in: "Ek het 'n Boer sien Dans", "Suidland Gebed", "Halleluja op Nieu-Bethesda", "Dit dan Dit", "Diepsee of Knysna Bos", "Baby - ek kry jou daar", "Hoe jy dit oor jou hart kry", "Sal jy Probeer Onthou" en ander. In die verhoogweergawe begelei Lize haarself op kitaar en word bygestaan deur Juan Oosthuizen (kitaar en agtergrondsang) en David Klassen (perkussie en agtergrondsang). Hierdie 3 musikante is 'n gesoute kombinasie, en die aanvoeling en afronding van jarelange samewerking, is merkbaar in die hoë standaard van musikaliteit en aanvoeling. Nina Swart (regisseur) het ook al vir geruime tyd 'n hand in Beekman se vertonings, en haar insig in die produk is merkbaar in die sukses van vorige vertonings waarby sy betrokke was - 'n Bietjie Nader (KANNA-wenner) en tussenINbetween (KANNA-nominasie).
Koop / Buy Sit 'n bietjie langs my CD ... |
Musiek |