AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Death RaceJMRegisseur: Paul WS Anderson Paul W. S. Anderson het 13 jaar lank probeer om 'n moderne weergawe van Death Race 2000 (1975) te maak. Ek was so opgewonde oor die nuus dat hy geslaag het in sy doel, die eindproduk was nie eens meer belangrik nie. Ek was 'n klein tjokkertjie toe ek Death Race 2000 gesien het. Dit was een van daai flieks wat veroorsaak het dat ek nooit ophou fliek het nie. Wie weet of dit goed was en watter sesjarige gee om? Die futuristiese aspek het my aangegryp, die idee het my uit my skoene geskok en my toekomstige aanhang van galgehumor is gevoed.
Die nuwe Death Race vertel nie die oorspronklike verhaal nie, maar gaan terug in die verlede van Frankenstein (nou Jason Statham). Ons sien hoe 'n ongenaakbare wedren sy ontstaan in die tronk het. Een waar deelnemers hul opponente probeer afmaai.
Laastens moet regisseur Paul W.S. Anderson ook erkenning kry vir die verbetering. Die hemel help ons dat hy weer 'n Alien vs Predator of Resident Evil maak. Verwag min en jy sal baie kry! |