AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Incredible HulkJMMet: Edward Norton, Liv Tyler, William Hurt & Tim Roth Indien jy die Hulk iewers in Suid-Afrika in 'n kroeg raakloop sal sy eerste woorde iets wees soos "Ek moer!" Lid van die geslag dik-nek-en-klein-tandjies. 'n Psigopaat met 'n doel. In vergelyking met Hulk is The Incredible Hulk nog meer van dieselfde, en glad nie sleg nie. Die storie draai weer om die konflik tussen Bruce Banner en generaal Thaddeus. Bruce beskou sy krag as 'n siekte, terwyl dit vir Thaddeus 'n bruikbare wapen is. Die keer het hy ook 'n teenstander wat nie bly lê as jy hom met 'n kroegstoel slaan nie. Tim Roth is die Abomination. Getrou aan die karakter wat ons onthou uit die comics word daar die keer meer gefokus op die Hulk se krag en woede. Dit kan mens sommer vooraf raai as jy sien Louis Leterrier van Transporter-faam het diens gedoen as regisseur. Dit is aksie van voor tot agter. Of iemand wil die Hulk vang of die Hulk wil met iemand baklei.
Aan die einde van die fliek maak Tony Stark skielik sy opwagting. Ek ruik 'n Avengers-fliek! |