Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Sondeval

Sondeval, Abel Kraamsaal se derde album, is nou uiteindelik hier so 18 maande na die vorige album, Wonder jy ook Soms. Wat is dit met 18 maande? Die gaping tussen Woorde op 'n Wynboks, Kraamsaal se eerste album, en Wonder jy ook Soms was ook 18 maande. Hierop sê Kraamsaal net dat alles in die heelal in siklusse werk en hierdie is geen uitsondering nie.

Die belangrikste vraag is seker hoekom die naam Sondeval gekies is. Die woord "Sondeval" is simbolies van die einde van een siklus en die nuwe begin van 'n ander. Sondeval bestaan uit 12 nuwe komposisies, waarvan nege snitte Afrikaans is en drie Engels. Oor die Engelse invloed reken Kraamsaal net dat mense nie met die muse stry as sy op jou skoot kom sit en Engelse songs in jou oor kom fluister nie.

Die liedjies is 'n mengsel van invloede. Daar's die Kraamsaal rock aanslag, die blues wat deurborrel en meesleurende melodieë. Die album het ontstaan aan die hande van baie talentvolle musikante. Chris Vinger is weer ingetrek op die bas kitaar, Divan Lerm op die tromme en Robert Mitchley op kitare. Mitchley is ook die meesterbrein agter die produksie van die album.

Groot opgewondenheid heers in die Kraamsaal nadat 'n radiostasie in Ierland een van die Engelse liedjies op die album op hulle speellys gaan sit.
Abel Kraamsaal - SondevalKoop / Buy Sondeval ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner