AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Chameleon teken kontrak in NederlandChris Chameleon is tans in Nederland waar hy pas `n kontrak met Excelsior Recordings geteken het vir die verspreiding en bemarking van sy nuwe album Ek vir jou in die Benelux lande. (Nederland, België en Luxembourg.) Na `n paar maande se onderhandelinge deur Chris se Hollandse verteenwoordiger Marcel de Groot, het Chris op Maandag 13 Augustus met Ferry Roseboom, Uitvoerende Direkteur van Excelcior Recordings ontmoet om die kontrak te onderteken. Chris Chameleon sê dat hy baie in sy skik is met die platekontrak. "Dis `n droom waaraan ek sedert Boo! se dae hard werk. Nou het dit uiteindelik gebeur. Ek is ook bly my nuwe plaat, Ek vir jou, is die een wat die knoop vir my deurhaak. Sedert die begin van my sololoopbaan met Ek herhaal jou, skaaf ek al aan die klank wat ek nodig gehad het om my ook in Europa te laat geld. My dank aan Rhythm Records vir hul volgehoue ondersteuning, my eie span by Chameleon Produksies en laaste, maar beslis nie die minste nie, my ondersteuners in Suid- Afrika wat my die sleutels gegee het om deure oorsee oop te sluit."Excelsior Recordings is gebaseer in Utrecht, Nederland en is bekend as Nederland se voorste onafhanklike platemaatskappy. Excelsior se Benelux kunstenaars sluit oa Johan, Spinvis en Fixkes in (beide die laaste twee het al goue status bereik). Uitvoerende Direkteur Ferry Roseboom sê dat Excelsior Recordings baie gelukkig is met die teken van hulle kontrak met Chris Chameleon. "Ons is bewus van sy ongelooflike talent en is trots daarop om deel te hê daaraan om sy musiek na die Benelux gehore te kan bring." Ek vir jou sal vanaf Oktober 2007 deur Excelsior Recordings in die Benelux lande versprei word. Chris sal vanaf 19 Oktober tot 29 November terug wees in Nederland vir `n teater- toer deur die Benelux lande saam met een van Nederland se mees gewilde groepe, Spinvis Koop / Buy Ek vir jou ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |