AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Die beste postersSommige meen die filmplakkaat as kunswerk se dae is getel. Meeste moderne plakkate is bloot 'n saamgeflanste versameling prentjies uit die fliek. Jy moet wyd soek vir estetiese waarde of oorspronklikheid. Gelukkig is die prentjie nie regtig so donker nie. Talle van die posters op ons lys verteenwoordig moderne films. Hier is van die beste posters oor die jare: ![]() Attack of the 50ft Woman (1958): Geen poster-versameling sal volledig wees sonder hierdie een nie. ![]() About Schmidt (2002): Die kopskoot van Jack Nicholson som die film mooi op. Die donker wolk bo sy kop was onnodig. ![]() The 40 Year Old Virgin (2005): Eenvoudig, met die uitdrukking op Steve Carell se gesig wat dit perfek afrond. ![]() Secretary (2002): Die poster sê alles! ![]() Showgirls (1995): 'n Uiters swak film, maar die silhoeët van die klassieke voorstelling vang dadelik jou oog. ![]() All about Eve (1950): Vol energie. Laat jou hart sommer vinniger klop. ![]() Star Wars: Episode I - The Phantom Menace (1999): Een van die minder bekende plakkate wat vir die fliek gebruik is, maar beslis die beste. ![]() The Thin Red Line (1998): Net oë, maar dit vertel die storie. ![]() Jaws (1975): Die tekening het jou na jou asem laat snak. ![]() The Silence of the Lambs (1991): Jy hoor hoe Hannibal Lecter sê: "You still wake up sometimes, don't you? You wake up in the dark and hear the screaming of the lambs." ![]() Manhattan (1979): 'n Eenvoudige swart en wit uitbeelding wat die film se inhoud perfek weergee. ![]() A Clockwork Orange (1971): 'n Eenvoudige ontwerp wat jy dadelik herken. (ontwerp deur Philip Castle) ![]() The Exorcist (1973): Goeie gebruik van lig. ![]() (1967): Die perfekte keuse van 'n skoot vir die poster. ![]() American Beauty (1999): Eenvoudig en verleidelik. (ontwerp deur Dan Chapman) ![]() Casablanca (1942): Die drama is ook op die poster met die dramatiese rooi titel oor die grys agtergrond. ![]() The Rocketeer (1991): Dalk nie 'n goeie fliek nie, maar ten minste 'n goeie poster met 'n art-deco ontwerp. ![]() L'Ammaliatrice (Die vlam van New Orleans) (1941): 'n Kunstenaar se uitbeelding van die sensuele Marlene Dietrich in al haar glorie. ![]() The Gold Rush (1925): Kan in enige galery hang. ![]() Metropolis (1927): Uitstekende ontwerp vir 'n uitstekende film. ![]() Pulp Fiction (1994): Hierdie femme fatale op 'n kamtige boekomslag is moontlik die beste poster tot op hede. |