AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Epic MovieMet: Jennifer Coolidge, Crispin Glover, Darrell Hammond, Carmen Electra, Fred Willard & David Carradine Dink jou in, jy gaan kyk 'n komedie, en jy lag nie een keer nie. Epic Movie bestaan uit 'n klomp parodieë van Nacho Libre, Snakes on a Plane, Charlie and the Chocolate Factory, The Chronicles of Narnia, X-Men: The Last Stand, Talladega Nights, Pirates of the Caribbean, The Da Vinci Code, al die Harry Potter-flieks en ook al die Lord of the Rings-flieks. Die parodieë is almal halfhartig aanmekaar gelap en nie een laat jou lag nie. Indien ek nie 'n oomblik van nugterheid beleef het en redelik seker was dat dit Februarie is nie sou ek dink dit is 'n Aprilgrap. Maar die tipe flieks is maar nou eenmaal soos die Huisgenoot Skouspel - sit dit voor en hulle sal in groot strome by die kaartjiekantoor aantree. |