AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Anna vat die SAMAAnna Davel se derde album is sopas bekroon met 'n SAMA toekenning as 2006 se Algehele Wenner in die kategorie: Beste Volwasse kontemporêre album: Afrikaans. Die nominasies is deur'n onafhanklike komitee aangewys uit die room van Afrikaanse musiek en buiten Davel is slegs vier kunstenaars benoem:
Karen Zoid met haar langverwagte derde album Media, Die vyf mededingers vir hierdie kategorie het Saterdag 6 Mei tydens die glansryke jaarlikse SAMA toekenningsfunksie by Sun City Superbowl gewag om te hoor wie die wenners sou wees. Kunstenaars wat opgetree het was Arno Carstens, Bongo Muffin, Ntando, Judith Sephuma en Malaika. Die funksie word jaarliks deur SA se voorste musikante, promoters, platemaatskappye en veterane bygewoon. Die diversiteit en sukses van die Suid Afrikaanse musiek bedryf gevier word en erkenning word gegee aan kunstenaars wat kwaliteit werk lewer, asook twee kategorieë vir populariteit: Beste liedjie en mees Populêre kunstenaar. Na 12 jaar se harde werk en altesaam twee SAMA- en 8 GMT nominasies, is hierdie toekenning vir Davel 'n groot eer en 'n reuse verrassing. "Die feit dat ek hierdie en alle vorige albums sonder enige hulp of finansiële ondersteuning van 'n platemaatskappy of agent/promotor vervaardig en bemark het, maak dit nog 'n groter aanmoediging vir my om voort te gaan. As 'n individu moet mens net soveel harder werk om jou musiek by die publiek en radiostasies uit te kry, en hierdie toekenning spoor my net verder aan." Godinne op die grondpad is suiwer Davel in murg en been, met witwarm, 100% oorspronklike musiek. 13 liedjies geskryf deur Davel die afgelope 13 jaar. Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk tydens die opname van Godinne op die grondpad o.a.Mauritz Lotz, Neill Etteridge, Brendan Ross, Fuzz, Vincent van Rooyen e.a. Musiekregie is behartig deur die briljante Matthys Maree, ook verantwoordelik vir die musikale produksie op Davel se eerste twee albums Te Diep en Gypsy, beide benoem vir SAMA's in 2001 en 2003. Haar vierde CD Linger word in Junie 2006 vrygestel, en is 'n jazz standard album met musiek van Nat King Cole, Frank Sinatra, Louis Armstrong en Dean Martin. |
Musiek |