Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Musikale potpourri by Aardklop

Alita Vorster

By vanjaar se Aardklop Kunstefees is daar ouder gewoonte musiek te kies en te keur en beslis iets vir elke smaak.

Anton Goosen verleen in Getye van verandering 'n vars klank aan ou bekende gunstelinge soos "Jantjie" en "Boy van die Suburbs" saam met Theo Janse van Rensburg op kitaar en banjo en Schalk Joubert op baskitaar. Hierdie vertoning het vroeër vanjaar Londense gehore in 'n volgepakte Aardvark gaande gehad.

André Schwartz het met sy suksesvolle vertolking van die Phantom in Phantom of the opera bewys hy het die ideale stem om musiek uit die musicals te sing. In André Schwartz - The Musicals kan jy treffers soos "Love changes everything", "All I ask of you" en "Music of the night" hoor.

Vir liefhebbers van goeie tenoormusiek gaan Zwai, Loyiso and Phelo, beter bekend as die Bala broers, 'n verskeidenheid musiek met hulle produksie Bala Brothers @ Aardklop bring.

Aardklop se multikulturele kunstenaars kry 'n hupstoot met die deelname van die Soweto String Quartet wat kragte saamspan met die kitaarduo CH2 of te wel Corneille Hutten-Burger en Christiaan Hattingh in CH2 en die Soweto String Quartet. Die kwartet gaan ook gehore verras met Afrikaanse musiek, soos "Pampoen" en "Al lê die berge nog so blou".

Vir diegene wat van A Capella musiek hou gaan Cutt Glas en Navi Redd genoeg opwinding verskaf. In Cutt Glas en Friendzy bring dié groep vlymskerp, tong-in-die-kies, hulde aan almal wat hulle pad oor die afgelope 18 jaar gekruis het. Die klompie jong, lewendige musikante van Navi Redd verleen 'n nuwe dimensie aan die hele konsep van musiekmaak bloot met stemme.

Wat is 'n Aardklopfees nou sonder die begrafnisondernemer en sy groepie bedroefdes? Met Die Grafsteensangers in kônsirt: Die weduwee se dilemma, sorg die groep weer vir skreeusnaakse vermaak. Die groep spog deesdae met 'n SAMA-toekenning.

Vir diegene wat hou van 'n meer klassieke aanslag is daar Goudgroen, 'n vertoning waarin twee van ons land se mooiste stemme, die van Michelle Botha, sopraan, en Cobus Venter, tenoor, saamgesit word. Goue ou treffers soos "Danny Boy" van Mario Lanza, en FAK treffers soos "Heimwee" en "O Boereplaas" maak deel uit van die vertoning wat pure luistergenot is.

Die virtuose Oostenrykse kitaarspeler Julia Malischnig kom maak weer 'n draai in Potchefstroom. Soos die titel, Hartsnare aandui, beloof haar passievolle interpretasies van bekende Argentynse komponiste en ander wêreldklas komponiste om die hartsnare te roer.

Op ons eie bodem is daar ook 'n meisie wat weet hoe om snare behoorlik te roer. Zanta Hofmeyr op viool span kragte saam met haar niggie Laurinda Hofmeyr in die produksie Sameloop. Die vertoning is 'n wonderlike vermenging van die twee kunstenaars se musiek. Schalk Joubert op baskitaar en David Klassen op tromme verleen 'n besonderse harmonieuse geheel aan Sameloop.

Ander kunstenaars wat saamspan in 'n opwindende vertoning Broers/Jannie Moolman is Jannie Moolman en die broers, Cobus en Christo Snyman en Nic Stevens. Geen vervelige oomblik in hierdie vertoning nie!

Richard van der Westhuizen en Liesl Marx sorg met Water en Klip vir 'n heerlike oorspronklike kontemporêre musiekproduksie met liedjies van hul onderskeie albums.

In haar vertoning Meisie Sings the Blues, sing Amanda Strydom blues musiek wat blouer as blou is, die besondere verwerkings van Janine Neethling en Floors Oosthuizen. Miss Mandy se briljante vertolking sorg vir 'n emosiebelaaide vertoning.

Van die vroulike kunstenaars om uit te sonder is Lienka, die blom van ddisselblom wat met haar pragtige helder stem deesdae haar sololoopbaan vlerke gee. In Lienka sing sy musiek van haar debuutalbum.

Lize Beekman vier self vanjaar tien jaar in die musiekbedryf. In Tien sing sy van haar tydlose, eerlike melodieë met die besonderse lirieke wat so deel is van Lize Stassen se handelsmerk.

Een van die manlike kunstenaars wat feesgangers gaan vermaak is Chris Chameleon in sy Klassieke Chameleon. Chris het pas teruggekeer van Nederland waar hy baie entoesiasties deur die Nederlandse gehore ontvang is.

Die kroegsanger wat uiteindelik 'n reuse naam in die Afrikaanse musiekbedryf geword het, Theuns Jordaan sing in Theuns Jordaan en Band van sy grootste treffers. In Pieter Smith Live kan enigeen wat lus is vir lekker saamsing, die geleentheid kry.

'n Jaar nadat Bok van Blerk en sy Delarey tonge losgehad het op Aardklop, is dit nog steeds 'n treffer wat almal van Musina tot Muizenberg saamsing en natuurlik doen Bok lustig mee. Stef Bos kom maak ook weer 'n draai en sal feesgangers gou oortuig waarom hy altyd so gewild is by plaaslike gehore.

Jak de Priester kombineer in De Priester en een Kerkorrel sy musiek met die van Johnny K en Jan Blohm sorg met Groentrui vir besielende hartmusiek. Die boyband Eden laat die harte klop en die voete jeuk.

In Die Nagloper vertel Ian Roberts, Nicola Hanekom, Brian Webber en Elton Landrew die verhaal van David de Lange en sy vriend George Abrahams. Met heerlike boeremusiek uit die tydperk waar David de Lange se loopbaan op die kruin was.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner