Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Ruk op na Oppiaarde

Alita Vorster

Almal wat hou van 'n lekker jol en opwindende rockmusiek moet seker maak hulle woon die Oppiaarde show, wat deel is van Aardklop, by. Met hierdie show kry plaaslike rock en alternatiewe kunstenaars weer die kans om te wys waarom hulle geen tree hoef terug te staan vir die bestes in die wêreld nie. Vanjaar span Aardklop en Oppikoppi Produksies weer eens saam om hierdie opwindende rockshow moontlik te maak. 2007 se Oppiaarde show is die sesde geleentheid waar Suid-Afrikaanse kunstenaars met die Aardklop Kunstefees hulle slag as musikante gaan wys.

Die jong band wat tydens Aardklop 2007 as die wenners van die Jip Rock-spaaider kompetisie aangewys word, sal om een uur die musiekfees amptelik afskop en die pas aangee vir die groter kanonne wat later sal volg. Van die bands wat vanjaar tydens Oppiaarde optree maak geen geheim daarvan nie dat Oppiaarde beslis 'n belangrike plek inneem op hulle jaarlikse kalender. Hierdie jaar se deelnemers aan Oppiaarde is rockers wat al 'n baie lang pad kom soos Springbok Nude Girls, Karen Zoid, en fokofpolisiekar. Springbok Nude Girls dra nie verniet die kroon as een van Suid-Afrika se beste rockbands van alle tye nie. Die groep wat al in die laat negentigerjare in Stellenbosch die musiekarena betree het, was 'n onmiddellike sukses onder die studente. Net so bring Karen Zoid al jare lank musiek vir 'n jong Afrikaanssprekende generasie, ook genoem die Zoid-generasie. Hierdie ma van twee het geensins haar rock aanslag verloor nie en het in Augustus vanjaar haar nuwe CD, Postmodern World, vrygestel.

fokofpolisiekar">Fokofpolisiekar, die stout seuns van Afrikaanse rock het met hulle eerlike en reguit lirieke 'n geweldige groot aanhang opgebou en die groep het hulleself ook bewys as rocksterre van formaat. Die musiek van Southern Gypsey Queen se twee broers, Gareth en Paul Wilson is ook deur die rock 'n roll geïnspireer wat hulle pa in die negentigerjare vir hulle gespeel het. Valiant Swart en sy orkes, tree op saam met Ollie Viloen as Ollie, Valiant en die Mystic Boereorkes. Hulle gee opnuut lewe aan Boeremusiek, daarvan getuig die sukses van hulle album Vuur en Vlam. Maar dis beslis Boeremusiek met 'n verskil! The Parlotones het pas 'n kontrak geteken met Universal Music in Engeland en die sukses van hulle song "Beautiful" sorg dat hulle toenemend nuwe bewonderaars reg oor die wêreld wen.

Max.Normal.TV is hip-hop wat terselfdertyd motiverend van aard is en almal in die gehoor kan meedoen aan sy bewegings wat op die groot skerm vertoon word.. Bed on bricks gaan weer beïndruk met hulle funky elektriese klanke. Love Jones bied 'n dinamiese vermenging van die beste elemente van rock 'n roll en popmusiek.

Foto na dans wat pas hulle eerste verjaarsdag gevier het hou baie belofte in om 'n band van dieselfde gelyke as Springbok Nude Girls te word. Japan and I is drie jong vroue wat die suksesleer baie vinnig klim en die drie Johannesburgers geniet tans groeiende gewildheid landwyd. Evolver se vier manne het die kuns van jamming vervolmaak en skep 'n unieke klank wat êrens tussen rock, funk en blues tuishoort.

Vandat Aardklop en Oppikoppi Produksies kragte saamgesnoer het om Oppiaarde in 2002 na Potch te bring, het die show elke jaar in gewildheid toegeneem. In die verlede het kunstenaar van wêreldgehalte soos Johnny Clegg, K's Choice, Gyroscope en Stuurbaard Bakkebaard hulle musiek met die Oppiaarde gehoor gedeel. Met meer as 6000 toeskouers was Oppiaarde in die verlede beslis die gewildste show tydens Aardklop gewees. Vanjaar se lys van kunstenaars beloof om weer vir 'n rekordbywoning te sorg.

Vanjaar vind die Oppiaarde fees plaas op Saterdag 29 September op die Fanie du Toit Sportsentrum. Die hekke open reeds om 12:00 vir die dag se gebeure. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R100 per kaartjie.

Die Oppiaarde vertoning word moontlik gemaak deur Vodacom, Jip, Kampus Beeld, MK, en Sounds Good. Die vertoning is oop vir enigeen en almal wat gaan luister hoe die aarde daar dreun, kan verwag om vermaak te word met eksklusiewe en nuwe vertonings van die land se top rock en alternatiewe kunstenaars. Moet Oppiaarde nie misloop nie!





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner