Kieslys

Close


*/

19 April
2017
Musiek
782 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

jy en ek en ek en jy

jy en ek en ek en jy

jy en ek en ek en jy

Chris Chameleon se eerste selfgeskrewe en selfgekomponeerde Afrikaanstalige album sedert 2009, word volgende maand uitgereik.

Hierdie langverwagte werk is geinspireer deur Chris Chameleon se persoonlike ervarings met die soeke na en belewing van liefde. Die tekste van die liede is in meeste gevalle gedigte wat hy geskryf het terwyl hy smoorverlief was en in dié tyd ’n konsertuitvoering van die klassieke indiese kunstenaar Shujaat Husein Khan bygewoon het.

Volgens sy eie weergawe het hy nie ’n woord van die Hindi teks begryp nie, maar wat hy aangevoel het was met verbasing bevestig deur ’n Indiër vriendin wat saam met hom by die uitvoering was. Blykbaar het die gees van die musiek die woordinhoud so sterk weergegee dat selfs ’n boerseun dit oor taalgrense heen kon verstaan.

Dis is teen hierdie agtergrond dat werk aan hierdie album begin is. Die gevolg is ‘n album van 12 buitengewoon geïnspireerde snitte waarin die eenvoud, ontsag, kompleksiteit en deernis van die liefde in woord en klank vergestalting vind.

Chris Chameleon sê dat hy in die album praat oor God, sy beminde en sy hartlandskap. “Die album is nie op aanvraag gemaak of omdat dit tyd was of omdat ek uiteindelk genoeg liede gehad het vir ’n album nie. Ek het vir hierdie album myself volle, onbeperkte vryheid van musiek en liriek gegun. Die tekste is dikwels in vrye vers of blote prosa geskryf, maar het tog hulle vorm kon vind in die reëlmatigheid van die ligte liedvorm.

Chameleon verduidelik: “Die album is uit die hart geskryf en was ’n proses wat baie eerlikheid van my geverg het. Ek moes veral my persoonlike emosionele verdedigingslinies opskort. Dis ’n proses wat ’n mens broos en feilbaar maak, ’n proses wat jou hart oopstel vir die ontvangs van mooi dinge maar ook blootstel aan kneusing. Dit het ’n album geword waarin ek nie deur middel van artistieke oogverblindery my gevoelens verdoesel, verpak of met linte uitstal nie, sodat ek ten alle tye direk aanspreeklik vir my gevoelens gehou kan word. Die album is ’n hartsbelydenis waarin ek my emosioneel verootmoedig voor die ontsag van die liefde wat ek nie met my verstand kan verstaan nie.”

“Kuns word dikwels geskep uit die verlies van liefde, hierdie album is geskep uit die wins van liefde in my eie lewe.” – Chris Chameleon

jy en ek en ek en jy is vanaf 2 Mei 2017 beskikbaar op Groot Tunes. (Digitale voorafbestellings op Groot Tunes vanaf 24 April 2017.) Die album sal ook vanaf 8 Mei 2017 in winkels en op ander digitale platforms beskikbaar wees.

’n Lys van die snitte op die album:

1 – My beminde (die deurbraak).
2 – Nie sonder die liefde nie.
3 – Kom.
4 – Die intimiteit van ons greep.
5 – Aangekondig.
6 – Die onomskryfbare.
7 – Jy en Ek en Ek en Jy.
8 – ‘n Glinsterende Herinnering.
9 – Rinkink.
10 – Oppe en affe.
11 – Die rede.
12 – Aalmoes.

Opkomende vertonings jy en ek en ek en jy:

Donderdag 27 en Vrydag 28 April: Die Boer in Durbanville.
Deure oop en aandete: 18h30
Vertoning: 20h30
Kaartjies: R140.00
Besprekings: 021 979 1911
Addres: Janaville Senter,6 Chenoweth Straat, Durbanville.

Vrydag 5 Mei: Musiekskuur, Pretoria.
Deure oop: 18h30
Vertoning: 20h00
Kaartjis: R150.00
Besprekings: 012 368 1555 of www.barnyardtheatres.co.za
Addres: Parkview Centre, hoek van Garsfontein en Netcare Straat, Moreleta Park.

Saterdag 6 Mei: Africlassic River Lodge, Rivonia, Sandton
Deure oop: 17h00 – verwelkomings- skemerkelkie.
Kaartjies: R350.00
Vertoning: 18h30
Ete: 20h00 – by kaartjieprys ingesluit. Dit is die opening van Africlassic River Lodge se Poikie restaurant. Heerlike potjie disse op die spyskaart.
Besprekings en Navrae: 082 806 7872 / 011 234 6522
Kaartjies ook by Computicket beskikbaar.
Addres: 21A Henry Road, Rivonia, Sandton

Meer inligting oor verdere opkomende vertonings in Johannesburg, Paarl, Darling, Franschhoek en meer by: https://www.chrischameleon.com/gigs




1 Opinie:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

liza
2017-10-16 14:58:48
dit is asemrowend baie dank jy jou hart met ons deel. oneindig dankbaar om hieraan deel te kan he...
Gedigte van Emsa Haasbroek | Roekeloos
2017-10-13 08:09:43
[…] Digters […]...
Ryk Hattingh oorlede | Roekeloos
2017-10-10 14:56:38
[…] (Onlangs: Ryk Hattingh lees voor uit Huilboek) […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.