FNB het aangekondig dat hulle voortaan ’n bankrekening binne 10 minute aanlyn sal kan open.
Die proses vereis geen papierwerk nie en kan op enige stadium gekanselleer word.
Kliënte sal onmiddellik transaksies kan uitvoer met die nuwe rekening.
FNB het ook onlangs bevestig dat hulle die PayPal funksionaliteit na Suid-Afrika gaan bring.
