Vier maande gelede het Toyota Suid-Afrika die Yaris 5-deur luikrug geloods en sedertdien 10 000 motors verkoop, seker van die vinnigste nog in Suid-Afrika wat ‘n nuwe motorreeks aangegryp is deur die publiek.
In reaksie hierop brei Toyota nou die reeks uit. Die luikrug kry nou ‘n maat in die sedan, ook gemik op die jeugdige mark, maar meer diegene wat reeds met ‘n gesin begin het.
En moet nie verwag dit is bloot die ou Yaris met ‘n agterbak by nie. Daar is verskeie unieke punte aan die sedan, interessant dat selfs die panele van die bakwerk wat mens sou verwag dieselfde moet wees verskil.
Daar is vier modelle in die reeks, almal aangedryf deur die 1,3 liter aluminium enjin met dieselfde spesifikasies as die van die Yaris Hatch. Daar is ‘n vyfspoed handrat en ‘n vierspoed outomatiese model, die Spirit.
Verbruikers kan aan die einde van Maart begin naderstaan by handelaars vir die nuwe Yaris Sedan. Dit is nog onbekend wat die verkoopprys gaan wees.
