Verskeie webwerwe van die televisienetwerk NBC is Sondag deur die kuberkraker Pyknic binnegedring.
Pyknic het ‘n boodskap op die werwe geplak: “Remember, remember the fifth of November”. Die gebruik van hierdie tipe Guy Fawkes-verwysings is algemeen onder lede van die aktivistegroep Anonymous.
