Withuis kyk toe

Die foto is geneem tydens die aanval deur Amerikaanse magte op Osama bin Laden se skuilplek in Abbottabad, Pakistan.

Die foto is afkomstig vanaf die Withuis se flickr-rekening. Die beskrywing by die foto is:

“President Barack Obama and Vice President Joe Biden, along with members of the national security team, receive an update on the mission against Osama bin Laden in the Situation Room of the White House, May 1, 2011. Please note: a classified document seen in this photograph has been obscured.”

Intussen beweer Wikileaks dat die Amerikaners waarskynlik al teen 2008 geweet het dat Bin Laden in Abbottabad is.

Die bewering is gegrond op notas oor die ondervraging van ‘n Libiër, Abu al-Libi, wat by die Guantanamobaai-sentrum in Kuba aangehou is. Abu al-Libi het erken dat hy in 2003 as ‘n boodskapper van Bin Laden aangestel is, en dat hy vanuit Abbottabad sou werk.

Withuis kyk toe
Withuis kyk toe

Lewer kommentaar

Leave a Reply