
Bestaande reëls is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel.
Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak dié uitgawe ’n volledige hulpbron.
Die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word op 10 Julie 2017 vrygestel.
Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, / Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns — Pharos, 10 Julie 2017; sagteband. — ISBN 9781868902071
Bettie Blom,
16 April 2017.
