Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

‘n Eensydige verhouding

(Geskrif op die solder gevind)

Ek het die krag gesien en het dit gebruik.  Later het ek die swakheid gesien, wat,  toe dit ontbloot is, ‘n ander krag geword het.  Maar nie totdat jy duidelik jou gevoelens gewys het, het ek regtig liefde begeer of daarvoor gehoop nie.

‘n Stomende agtermiddag, baie rooiwyn, goeie kos, interessante geselskap en spontane kranksinnigheid begin ‘n droom vir jou en my.  Skielik maak almal om ons nie meer saak nie.  Jy praat meestal met my, vertel openlik van jou begeerte en ek is onvoorbereid.  Ek besef ek is ongeneeslik romanties. 

Dis Saterdag, ek sit alleen by die vuur, brei en konsentreer.  Ek roep jou telepaties totdat wonder bo wonder, jy my bel.  Jy daag op en ons gesels tot laat in die nag.

Jy laat my dinge doen wat ek nie vantevore gedoen het nie. Ek verstaan nie altyd wat jy van my verwag nie, indien enigiets.  Jy maak ‘n aanmerking soos dat ek jou moet tyd gee.  Ek het nie gevra wat jy bedoel nie – miskien het ek gedink ek weet, of miskien wou ek nie weet nie – en as ek nie by jou is nie, is ek spyt dat ek nie gevra het nie. 

Dit is ‘n baie lang naweek.  Jy forseer my om my gevoelens te konfronteer sodat ek teenoor myself die realiteit van wat gebeur het, moet erken.

Ek wil by jou wees.  Miskien wil ek net herskep wat ek verloor het.  Of miskien is hierdie nuwe liefde die werklikheid, hierdie passie wat my dryf, al my aandag in beslag neem, my verlam.   

Dat jy op jou beurt by mý wil wees, dat jy binne in my wil wees, dat jy meer as net bý my wil wees, kan ek moeilik glo.

En tog, en tog…….

Wanneer ek daardie eerste aand in herinnering roep – dit kon rampspoedig eindig.  Ek kan amper nie glo wat jy  alles gesê het terwyl ons tussen al daardie mense was nie.  Ek kan skaars glo dat jy jou begeerte so duidelik verklaar het nie.  Maar ek onthou graag, selfs al ‘onthou’ ek meer as die werklikheid.

Elke oomblik vandat jy jou gevoelens erken het, is besonder.

‘n Nag in jou geseldkap is glad nie lank nie, al is ons die hele tyd in ander se geselskap.  Soos gister onthou ek die rit huis toe terwyl die son stadig die lug inkleur.  En later terwyl ons op my bed lê, ‘beskuldig’ jy my daarvan dat ek op jou verlief geraak het, so asof jy dit nie sou wou hê nie.  Ek was so bang dat ek jou sou verloor as ek die waarheid erken, maar uiteindelik moes ek erken, al sou ek jou verloor.  Jy het my so teer, so sag van agter in jou arms geneem, my boste in jou hande – dié oomblikke vir altyd in my geheue ingebrand. 

Om oor en van ons ‘liefde’ te skryf, gee my krag om geduldig te wees totdat jy jou probleme uitsorteer.  Ek verstaan dat jy my nie wil belas met jou probleme nie – dit openbaar karakter.

Ek dink ek begin van my stomende swart boekie hou.

Laatnag word ek wakker,

besef slaap is net ‘n woord,

skakel die lig aan.

In hierdie toweruur

verskyn eksotiese blomme

uit swart slierte van die nag,

uit spinnerakke, onkruid, menigtes

van vyande en vriende.

Maar gou, soos so baie maal

in so baie jare

sal ek weer my pad vind

uit drogbeelde van vertwyfeling.

Mag die oortuiging bly

deur die sleur van die dag.

Helaas, die onvolkome oortuigings van die nag

kom gooi skadus oor die dag.

Skielik wil jy praat.  Ek kom agter jy het ‘n behoefte aan praat en dat aanraking vir nou nie aangewese is nie – jy wil praat.

Ek gaan sit op die mat by jou voete, naby genoeg sodat ek net nou en dan ‘per toeval’ aan jou kan raak.  Jy vertel die verhaal van ‘n belangrike gedeelte van jou lewe. – Jy het soveel beleef en soveel verloor! 

En soos tevore wil jy ‘probleme uitsorteer’ sodat ons saam kan wees.  Wat bedoel jy?  Ek verstaan nie, maar gryp na die hoop van dit wat veronderstel word.

Later weet ons albei dat droom belangrik is vir dromers, maar dat dromers met gewetes nooit hulle drome waarmaak ten koste van ander nie.  Maar die bittersoet kennis van liefde wat beantwoord word, maar sonder ‘n toekoms is, is sonder voordeel of beloning.

(God, is daar ‘n plek waar al hierdie onnosel, vrugtelose menslike begeertes opgestapel is? Tel ‘opofferings’ of moes ons in die eerste plek nie begeer het bie?  Vergewe my Heer, ek ken die antwoord, ek kan maar net vra wees asseblief geduldug en genadig met hierdie onwaardige kind van U!!)

Vanaand moet ek eers die bybel lees.  Ek is gretig vir ‘n boodskap, vir helderheid.  Helderheid oor jou en ander sake wat ek nie met jou bespreek nie.  

Ek open dit lukraak, dit val oop by die Hooglied van Salamo.  Ek gryp na die menslike, die implikasie wat ek graag wil glo.  Dit laat my goed voel, rustiger.  Laat my selfs glo die toekoms sal geseënd wees.  Ken jy die Hooglied van Salamo? Ek sal dit graag eendag vir jou wil voorlees. 

(En nou is dit vier jaar later en het ek dit nog steeds nie vir jou gelees nie, en sal waarskynlik nooit. Ek besef ook nou dat ek verstaan het wat ek woú glo, maar die les in die hooglied  uit die oog verloor het:  moenie die liefde opwek voor dit sin het nie.) 

Gisteraand het jy gesê jy het jou probleem opgelos sonder om te sê wat dit beteken. Ek het nie gevra nie en eers later begin wonder daaroor.

Vandag sê jy niks persoonlik nie, met ander woorde, dis verby, hierdie eienaardige verbintenis.  En ek kan net dink ek sal ‘n duisendmaal sterf tot ek jou weer sien.

Telkens wanneer ek in sak en as is, kom jy en gee my sekerheid.  Ja, jy is reg, miskien is daar iets fout met my.  Ek hoop dat jy eerlik sal wees wanneer jy besluit om nie weer te gesels, te telefooneer of te kuier nie, dat jy my sagkens sal laat weet.

Ek kan die waarheid nie ontwyk nie; ek het ‘n obsessie, ek wil gedurig naby jou wees totdat sekerheid nie deur afstand bedreig word nie.

Hou my meer kere net vas, praat asseblief met my, nie net met woorde nie, met jou gesig en oë en MOENIE ophou nie.

Wanneer jy bel, soos Saterdag en my sê wat jy beplan, is ek tevrede met die vetroue dat ek jou sal sien.

Gister was moeilik.  Wanneer jy jy wroeg, wil ek jou voorkop streel totdat die plooie verdwyn, wil ek jou vashou totdat alles weer reg is. Ek wil voel hoe jy groei in my hand – en ek wil voel hoe jy stadig, teer ingly waar ek smag na jou. Ek wil die golwe trotseer met jou, met jou uitspoel op die strand.

Ek het soveel om aan te bied, as jy maar net wil vra.  Weereens sterf ek duisendmaal totdat jy sê als is reg.

Skielik is dit jou soene wat ek mis, en herinneringe daaraan bring meteens warmte waar ek leeg is. 

Wees asseblief net altyd eerlik met my.  Ek tel die ure tot ons weer sien of totdat ek van jou hoor.  Kon ons maar weggaan iewers heen:  laat ons nie te trots of te selfbewus, of te besorg wees oor ons reputasies nie. 

Laat ons liefde seëvier,

laat dit groter as ons egos weesl

Laat ons liefhê

soos individue, sonder oorweging van ouderdom

of skoonheid, of passie, of seks,

of wat verby is, of wat mag gebeur.

Laat ons waarlik lief hê. 

Ek bel jou, al het ek vir myself gesê ek sal nie weer nie.  Gaan ek jou vandag sien, gaan jy onthou?  Ek verlang na jou.

Asseblief, kom ons gaan saam iewers heen.  Ek mis jou elke dag wanneer die lug ligroos getint is, daardie magiese uur voor die dag vir oulaas groet, die wind gaan lê en die natuur asemloos wag vir die nag.  Perfek, as jy daarin sou wees.

Ek maak ‘n vuur, tuur in die flikkerende vlamme en sien beelde en verse in daarin.

En wanneer die vuur net nog gloeiende kole is, wens ek dat jou arms my toevou, ek jou inasem tot ons vuur weereens hoog brand, voor die tevrede samesyn van liefdesmaats.

Dit voel of ek jou maandelaas gesien het!

Gister het ek geskryf hoe ek jou mis en hoe graag ek in jou nabyheid wil wees.  Ek was nie voorbereid vir die ontsaglik aangename verrassing toe jy in die deur staan nie, jou glimlag vol plesier.  Ek verbeel my jy sou my so graag wou aanraak.  (Verbeel ek my?)

Stuur werklikheid hel toe!

Kom ons speel kamma-kamma.

Laat ons verlief wees, dit sê, dit selfs glo.

Kom ons geniet dit, al is dit net vir een dag.

Beter om lief te hê en dit te verloor as om nooit liefde te ervaar nie!

Beter om jouself en jou gawes met ander te deel as om alles binne in jou op te gaar.  Onaangeraak, beperk tot een binneste, krimp dit.

Ek raak liewer verlief en het liewer lief en erken dit.  Ek gee nie om wie weet dat ek verlief is, verlief was en steeds verlief is nie. 

Om lief te hê sonder gelyke teenprestasie, maak jou nie armer nie. 

Die toevallige aanraking van jou hande en doelbewuste aanraking van jou lippe, laat jou geur op my vel en terwyl ek later met ander gesels, ruik ek jou nog en voel ek soos kleintyd in ouma se verekombers.

Ek wil steeds gaan waar ons saam kan wees vir dae, nagte, sonsondergange en opkomste, laataand vure en waar smeulende stompe die alleen getuies van vertroulikhede is.  Laat dit asseblief waar word, en as dit waar word, laat dit SO besonder wees, ASSEBLIEF!

Slaap van 24:15 tot 2:30.  Staan op, begin hekel, was lakens, maak die bed op; ek weet ek sal nie weer slaap nie.  Hoekom het jy nie gisteraand gebel of gekom nie.  Hoekom gee ék altyd meer om.

Ek het al geliefdes aan die dood afgestaan, ek sal tog seker ‘n simpel totsiens kan verwerk. 

Of sal ek?

Eintlik wil ek nooit totsiens sê nie.

Kom kuier asseblief vanaand.

Jy het gister gesê ons moet liewer nie planne maak nie, maar deur die hele dag hoop ek.

Maar soos so baie maal was die vooruitsig net myne.  Ek SAL ‘n einde maak, ek het dinge om te doen:

  • betaal ‘n deposito vir ‘n vakansie
  • kontroleer my spaarrekening
  • doen aansoek vir ‘n bevorderings pos – kom weg van hierdie verdomde plek waar ek gedurig herinner word aan wat ek mag en nie mag doen nie
  • neem ‘n paar dae vakansie
  • soek ‘n bediende
  • vertrou op Hom vir ‘n maat
  • BLY UIT DOODLOOPSTRATE!

Ek gaan eet alleen in ‘n retaurant, oneindig treurig, en sit en skryf terwyl ek wag vir die kos.

Later werk ek in die tuin voor ek gaan bad en my voorberei soos vir ‘n bruidegom – wat nie opdaag nie.  Ek bel, maar sit die foon neer voor jy antwoord. Ek drink ‘n whiskey en gaan bed toe.

Ek word wakker, dink aan die dag wat verby is, lees die hele Job 40, en toe van Psalm 1, 2, en 3.  Ek bid, probeer uit ‘n opregte hart bid. God U is almagtig en groot en ek is s-ó-ó-ó sondig en onwys. Vergewe al my tekortkominge en foute, gee my krag en genade om weer my lewe in gebalansseerde vrede van my gemoed te lewe, soekend na U wil.  Bring my op ‘n plek waar ek behoort te wees, en waar ek wil wees.

Ek is s-ó-ó-ó eensaam, wys my die weg om U wil te doen, met u maaltyd te hou. Laat u krag my krag wees, praat met my en wees met my.

Ek ry werk toe, hoor ‘n lied wat presies verwoord wat in my gemoed is.  Ek kan nie die woorde of titel onthou nie, ek kan net onthou dat dit weer al die ou verlange en liefde wakker gemaak het. 

Dit was so goed vanmôre om met jou te praat en jou gesig te sien.  Weet jy hoe dit is wanneer jy tussen familie is en jy mis nogtans iemand so erg dat jy kan huil?

Gister het ek besluit om om te draai op hierdie pad van jou en my, en toe bel jy, jy het my nodig, net om later te laat weet jy kom miskien virseker môre.  Ek spaar jou die feit dat ek baie voorberei het spesiaal vir jou, vuur gemaak het ens.  Is ek totaal onnosel, van my kop af of ‘n bietjie verlief – of miskien baie.

‘n Gedurige irritasie veroorsaak eelte en gou raak die eelt ongevoelig.

Skielik voel ek koud, nie jonk nie,

kan geen enkele noot druk

wat my uit die moeras kan ruk.

Ek kort nuwe musiek,

red my uit hierdie afgrond

van as en onvaste grond,

uitgebrande kole

van gister se liefdes.

En toe hou jy woord en ons gesels gemaklik en onselfbewus soos ek gedink het dit kan wees.

Nog ‘n dag, ‘n waterige, mistige winteragtermiddag, en ek kyk deur die venster en weet met terleurstelling dat die somer die aftog geblaas het.  Bome buig en swaai in die wind.  Gelende blare sweef grond toe, nie meer goud nie, maar die kleur van verderf.

Wie het die simpel liedjie ‘Silwer hare tussen Goud’ geskryf?  Oudword is meestal afskeid en koud met tweedeklas menseregte vir hulle wat moet plek maak vir ‘n nuwe geslag.

Uitendelik herwin ek my balans.  Ek dink ek weet jy gee om – maak dit saak hoekom of vir hoe lank?  Maak dit regtig saak?

Jy stap vandag twee keer onverwags in.  Ek begin verstaan dat jy goed op alternatiewe maniere probeer sê.  Al wil ek altyd meer van jou sien, word ek geduldiger, miskien verval ons in ‘n patroon. 

In die rustigheid van laatmiddag op die stoep met koffie in die hand spring gedagtes lukraak uit: 

Ek sien ‘n gesig wat ander herinneringe opwek, en ek is dankbaar dat ek nooit ontrou was nie.

Die rose van herfs is meestal soeter gegeur, het ryker kleure.

Is ‘n geskenk waardevoller wanneer ons die waarde ken en ons weet ons gaan dit net vir ‘n klein rukkie besit?

Nog ‘n keer hou jy nie woord nie, sonder om nie eens te bel nie.  Jy het in die week wat verby is, nie een keer gebel nie. As ons rolle omgeruil was, hoe sou jy reageer?  Jy wat so trots is, sou nie eers erken het dat jy geminag is nie, selfs al was dit so.

Jy behoort nie aan my nie en ek kan geen eise stel nie, nogtans het jy belowe jy sal my nie net gebruik nie. 

Gister en eergister was ek oortuig ek sou dit kon hanteer as jy sou besluit om my nooit weer te sien nie.  Maar van vroegoggend af is ek bewus dat jy belowe het dat ons mekaar vandag sou sien. Ek negeer versigtiheid, is die ene opgewonde afwagting, kan nie wag nie, staan op en stap in die pad af.  Ek is dus nie verbaas toe ek jou van voor af sien aankom nie.

Tog weet ek instinktief dat jy vanaand nie sal kom kuier nie, maar kan nie help om te hoop nie.

En nou is dit fisies seer en is ek verspot tranerig.

BEL ASSEBLIEF!

Weereens is ek die minste, bel jou, en jy belowe en hou doen toe nie jou belofte gestand nie.  Maar jy is die een met ondervinding van hierdie soort verhoudings – miskien moet jy my vertel hoe om ‘n einde te maak aan hierdie situasie wat te veel word vir my.  Ek het nie baie tyd oor nie en het nie dié soort spanning nodig nie.  Ek het jou lief, wil by jou wees maar het nog my trots.

Maandag deur heel die dag is ek van voorneme om ‘n ende aan hierdie kranksinnigheid te maak.  Maandagaand bel jy, ons gaan eet in ‘n restaurant, en gesels vir ure.

Jy bel Dinsdag en Woensdag.  Donderdag stap jy in my kantoor in en sê dat jy my lief het!

Ek dink steeds aan jou, al is jy baie stil.  Jy sê dit groei …. jou liefde, my liefde of ons liefde? 

Jy kom kuier, ons maak liefde.

Dit was gisteraand, vandag is vandag, sonder die oortuigings van gister.

Laatmiddag …..

I pour a glass of wine

write some words and alone I dine:

celebrate the clouds, the birds:

forcefully they part the air and soar,

going where they want,

sweeping on forevermore,

beyond caring, beyond want.

With the flap of a wing

they change direction,

as the wind may bring

smells of new distraction.

 

The ashes in the grate

swirl, take shape:

the ashes of yesterday’s dreams

lie white where once the fire

fiercely burned.

I stare until again it seems,

stirred by the breeze of hope,

it conjures up illusions of what has been

or could again be seen.

 

Weereens is ek terug by hierdie malligheid en bitter soos ‘n vrou (soos nooit tevore).  Ek wonder oor huwelike;  daar is baie wat makliker ‘n boek kon skryf ‘Hoe om ‘n huwelik te vermoor’, as om te skryf oor hoe om te lewe en lief te hê.

Wat is liefde?  Miskien is dit die stemmetjie wat verskonings uitdink vir ander

“miskien is hy siek” terwyl jy in werklikheid

  • sy stilte as teiken wil gebruik en skree “wat de hel maak jy!”
  • wonder wat het van die man geword wat jou gebel het net om jou stem te hoor
  • wonder wat het van die man geword wat jou vertrou het met sy hartseer, sy bekommernisse.

Jy sê weer jy het my lief.  Hierdie situasie van liefhê, vertrou en tevrede wees om lief te hê wanneer iemand jou lief het, om te praat wanneer met jou gepraat word, is ongewoon vir my.

Tog begin ek stadig glo dat jy liewer word vir my.  Ek wil sing en dans en dit uitbasuin.

En ek dink ek het jou baie, baie lief. 

Maar vandag het ek ‘n vreemde, slegte gevoel en ek weet nie hoekom nie.

Ek skryf minder, oorweeg om ‘n einde te maak aan hierdie malligheid.

Tog het ek jou lief, het ek?  Is dit goed?

Daar het soveel gebeur in die afgelope week.  Aanvanklike opgewondenheid wat later intense pyn geword het.  So seer dat ek dit wou uitruk uit my binneste, soos ‘n dier ledemate sal afkou omdat hy nie die strik kan afkou nie.  Ek besef die einde is iewers in die toekoms versluier waar ek dit nog nie konfronteer nie.  Sê my tog liewer.

Besef jy jy het my verslaaf?  Ek sluk en sluk aan die knop in my keel.  Jy verplig my om na ander reddingsboeie te gryp.  Ek sal my lewe moet herskep, maar léwe sal dit wees.

Ek lees liefdesbriewe van Kahil Gibran.

Dis stil

en dan begin die voëls kwetter

ek gryp die oomblik,

stap na buite,

drink God se skepping in –

Hy wat ook my geskape het!

Vir weke skryf ek nie.

So baie het gebeur, donker, slegte goed, in trane geweek. Jy’s nie hier nie, maar dit pla my nie regtig nie, want jy het behoorlik totsiens gesê.

Weet jy hoe onthou ek, ek sien jou ruie wenkbroue, soos arendvlerke oor jou ietwat Joodse neus, jou bonkige gespierde liggaam.  Ek onthou hoe jou gesig kan verhelder wanneer jy lag, die plooitjies om jou oë en jou sensuele mond.  In my gedagtes streel ek weer met my vinger al langs die lyne van jou gesig, die ronding van jou wange, jou ken en my mond onthou …….

Dit word lig buite en jy slaap iewers ver van my af.  Hoekom het ons nog nooit alleen iewers heen gegaan nie,

om wakker te word langs jou

te sien hoe jy stadig wakker word,

miskien weer die liefde te laat seëvier

met die hele dag voor ons.

Om net saam te wees, te sit en lees, na musiek te luister, TV te kyk en soos ‘n kind op jou skoot aan die slaap te raak.

Ek sien ons paradys.  ‘n Huis op ‘n afgeleë strand, met baie vensters, geen binnedeure, gordyne van die fynste, dunste gaas lewend in die wind.  En jy geklee in ‘n wit katoen hemp met groot wye moue. Jou hemp oopgeknoop, sodat ek jou sterk, harige borskas kan sien, sodat ek jou kan geniet en die passie in jou oë kan sien en jou weer hoor sê jy het my lief.

Ek kom baie laat by die huis, met opset.  Die nag is donker en nat.  Dit reën saggies en ek wonder of jy onthou wat reënweer aan my doen.  Die wind bring die bome om die huis uit hul stilswye en hulle sing soos die see.  Ek wonder hoe ek ooit sonder jou sal oorleef.

Wanneer ‘n skildery klaar is, is dit klaar. Deur aan te hou om daaroor te verf, gaan dit nie beter maak nie.

En nou is dit klaar.  Jy besef dit nog nie.  Noudat ek besluit het, is jy die een wat planne maak vir die toekoms.

 

Meer as ‘n jaar is verby.

Ek leef in ‘n ander wêreld, met ander drome, tussen die lewes van ander, raak hulle aan maar bly onaangeraak

 

When you love at random

emotions flare with abandon

and when the passion’s spent,

there’s no content.

 

I wonder what today will bring?

Will I stick to my conviction?

Rid myself of this addiction,

without recriminations

or accusations?

 

Just say good bye

without a tear or sigh.

Keep your head

don’t go to bed

while shadows fall,

when the room is too small.

Rather stay a while,

find an answering smile.

walk along the street

where there’re people to meet.

 

As iemand die gegorrel vind, sal daar baie wees om te raai, leemtes om te vul soos hy wil.  Daar is net twee voorwaardes, maak dit die moeite werd en interessant!

Eetplekkrappies

2019-05-19

Mag geloof die gordyn wees

waardeur ek na buite tuur

na die soet en ook die suur.

Die wolklaag op die berg

wil die gesigseinder bederf,

maar gister se prent

van bome, bosse en daar ver ‘n tent,

is nog vars in my wete.

my wete waar ek steeds verbete

wroeg oor die kerwers

van name op bome (eensame swerwers?)

Was daar niemand wat jou naam sou onthou

of wou jy die boom getuie hou?

 

2019-06-28

Wat kan dit wees

hierdie onrus in my gees?

Soms is dit self verkeer,

soms die snel verloop van tyd.

Drink jy medisyne

vir die simptome en pyne

kry jy dikwels vir jou geld en moeite

nuwe negatiewe intrekkers –

bewerasie, hoofpyne, krampe om ‘n paar te noem.

Wil jy oorleef, moet jy jou maar daarmee versoen.

 

Om op te gee, is soos selfdood

Kom, wees dankbaar!

Wees altyd dankbaar

dan is daar geen gevaar van uitgerekte sessies,

van donker depressies.

Soms moet ons net rus

sonder dwang of sus van die gemoed.

Maak soms jou kop bietjie leeg

sodat jy Godspraak kan pleeg.

 

2019-08-25

Ek ontmoet jou in die herfs

jy maak vir my lente en somer.

 

Vroeg begin die voëls al sing

van die warmte wat die somer bring.

Die oggendluggie is nog koel,

soos jy ook aan die deurknop voel.

Een van die dae val die reën

wat almal seën.

Bome nou nog kaal

bot eersdaags lowergroen

sal seisoene kom versoen.

Gevolgtrekkings

sit in my huisie

weet buite is als nie pluis-ie:

te veel mense op aarde

ken nie die waarde

van beplan, werk

en Sondag in die kerk

 

sente sorg vir die maag,

sorg vir die siel is maar vaag

nuus is nuus as dit gaan oor skade en dood

terwyl goeie nuus in die nood

is, smag na ‘n bietjie aandag

waarop dit wag en wag en wag

 

in die winter word die aarde nie te warm nie

nie vir MY nie

ek weet die son kom weer

en as dit droog is,  reën dit keer op keer

ek is dankbaar, ek verklaar die doemprofete

voëlvry, hulle krap onnodig, verbete

aan die nerfies van my siel.

Porseleinskerwe

Ek krap in die as op Geluksdam se ashoop,

o die kosbare kleinnnode hier ontgin!

Stukkies porselein met blommetjies, strepies,

bietjie goud en silwer wag op klein vingertjies

om weer ‘n keer in daglig te pronk.

Waarvan sou hul kon vertel,

van ‘n goeie oes of twee

of van droogte wat jou laat langnek in die aande

om ‘n weerlig iewers te gewaar.

Maar nou is die stukkies elkeen op sy eie.

Die ander dele van die koppies en pierings

is nie meer deel van die verhaal.

Kan ek moontlik nog ‘n keer

die geheel soek en probeer

om met geduld en vasberadenheid weer

die houer heel te maak.

Al sou die lasplekkies wys,

sal dit net getuig van die baie toewyding

van die heler wat wil deel.

HET-EK-MAAR

‘n Koorliedjie uit my jeug het gesê:

“ek wou dat een enkel woordjie

my liefd’ aan jou kon verraai

dan vra ek die sagte windjie om dit na jou oor te waai”,

maar dit was ‘n windstil dag

vir dae aanmekaar

en nou is dit te laat –

het ek tog maar net gepraat.

Was die nag nou nie so swart,

was my dae en nagte nie vol smart.

Het ek gepraat,

was al die jakarandas langs die straat

dansend na die reën in hul eie pers kombers.

was elke môre gousblom vars en skoon

was die aande intens en ongewoon.

Kuier nie by Hetekmaar, Hetekmaar

hoort agter jou moet liefs maar vaar

tot waar die mis van selfvergisnis

vervorm tot wysheid en kennis.

Menseregte

Jy, mens is deur God geskape –

jou regte?

om God te ken

met Hom in die paradys te wandel

wanneer die dag verby is,

die aandskemering daal.

Maar dit was nie genoeg nie

nie toe nie, en steeds is jy soekend.

 

Onthou jy jou verbod –

die boom waarvan jy die vrugte nie mog eet nie.

Jy het liewer na jou vrou geluister

en haar aanhitser was die duister.

Jou loon, verwydering van God.

 

Buite die paradys moet jy swoeg en sweet,

word jy aan aan jou dade gemeet.

Kry jy ‘n nuwe illusie –

‘reg’ op ‘n dak ondanks jou oorsprong uit die stof van die tuin,

‘reg’ op gesondheid terwyl jy jou vergryp aan twak en wyn,

‘reg’ op privaatheid terwyl jy jou lewe op die net met almal deel,

‘reg’ op veiligheid terwyl jy op die rand van die afgrond speel.

 

Moet ek aangaan

of sal jy voor die spieël gaan staan,

en onbevooroordeeld besluit of wat jy sien

geregtig is op enigiets of selfs iets verdien.

 

Donderdag, 26 Desember 2019

Is die dag amper om?

Dag het uitgerafel –
slierte son en skaduswart
deurweef met wafel,
stroop en room,
soos spermsous
met aidsverderf
kinders met ‘n teerkwas verf.

Die dag is amper om,
laat die Here kom,
die drek uitdelg,
laat lig die nag verswelg.
Laat dan die môre kom,
‘n lied uit elke mond eens stom,
Laat die Here kom.

Nar

Deur al die baie jare van spring en sing,

van bedel vir ‘n lag,

het hul oor jou gesing, gehuil;

maar wil nie met jou ruil.

 

Want jy is niemand nie:

niemand se man nie, 

niemand se kind

of iemand se broer nie.

 

Net ‘n wit gesig,

wat weer en weer verneder

en keer op keer belaglik

uitgesnater word.

 

Soms ‘n bietjie jammer uit die hoogte,

soms ‘n bietjie wonder oor die weemoed,

wat net vlugtig pla,

as hul skrams jou oë sien.

Klimaat

Ons soek oral verklarings vir die veranderings in die klimaat

Vergeet gerieflik wat het ons gemaak,

Gebreek, verniel, vernietig, verwaarloos.

 

Ons breek die wind se spoed met wolkekrabbers

Hervorm die topografie

Dan vind ons dit vreemd dat die reënvalpatroon verander.

 

Ons is so besig met die alledaagse banaliteite

Vergeet die groter prentjie

Vergeet om verder as more te dink.

 

Verbeel ons ons kan enigsins die ewigheid-spiraal

Se plan en omvang bepaal

Die eenvoud van die oplossing ontglip ons telkens.

Elke dag

Daagliks stap ons tree vir tree die toekoms in
sonder om oorsaak en gevolg te besin.
Ons praat en praat
gee raat
vir die ‘man’ op straat,
kritiseer die owerheid
vir bedrog en beleid,
voel goed waar ons op die stoep
ons eie republiek uitroep.
Saans in die spieël is die beeld amper onbekend,
is die spyt oor leë ure maar té bekend.

Maar met Sy genade, gloei die oosterkim,
begin die nuwe dag uit die nag uit klim.
Laat die basuin weerklink
Hy wil vir jou nagmaal skink.
Sy bloed verskans die onvermoë van die mens
om telkens weer sý wens
wat hy voorop te stel, te sien vir wat dit is –
Satans gis.

Yearning

The fountain that once gushed
prolific words,
which spoke of love and lust,
is now giving
only trickles of care,
clogged by reason and discipline.

How I long for you to show
the purpose of your love,
to show the way
that I may say
I’ll wait, I’ll stay
within the circle of our love.

Suddenly I know
this is not the first time
I have to choose:
to gamble
or to build on rock
with iron and brick.

Was the last choice right,
did I win the fight?
Still you fill my heart with song,
make my senses long
for the warm embrace,
my eyes to feast upon your face,

to see the passion in your eyes,
those eyes that do not tell me lies,
when the floods of love break free,
for all the world to see.
I hold your love lightly in my hand
afraid lest it should run like sand

leaving only space and loneliness.

Perfect Circle

Just as a rose,
by any other name,
is still a rose,
just as I know
that the impossible
can never change
into the possible,
so I know,
for every minute
of every day
that you are away
from home,
from loving arms
and caring hands,
some part of you
curls up and slowly dies.

Still, like the grass
that rush green
at every drop,
so you will rejuvenate
at a single loving smile,
with every chance caress,
every word of love,
till once more you bloom and glow.

Luna, Luna

On the carpet of my secret place
my lover lies, his face
so still, so white
in the shimmering light,
as through the black of night
the moon her path retrace.

A path she traced for many years,
creating love, mystery and fears.
Could she see, remember, know
what goes on below,
what would she bestow,
damnation, praise or tears?

For now, she keeps the confidence
of every discreet/indiscreet incidence,
hides her face not in disgust,
pretends not to be just,
sees not love or lust,
just bathes all in magic iridescence.

She heard King Solomon’s love song,
seen many a wrong,
still she starts eternally her tour
with splendour,
with savour,
making believe that love could last as long.

But, in the light of day we know
that what at night we sow
often wither and die,
leaving us to long and sigh
while relentlessly we try
to make the ashes glow.

And After?

Look once more in the morning light
at all the shadows of the night,
all the games we play,
all the words we say,
without thinking,
slowly sinking
into slush and slime
never taking time,
to pause,
to know the cause
of all our discontent.

Ad infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin
sirkuleer, transformer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroonblare nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige suksesse se skyn.

Filosofeer

Jy loop op paaie oraloor;
soms volg jy ‘n enkel spoor,
dan loop jy net
en kyk hoe vou die net
soms oop
voor dit almal stroop,
opvang, uitskud op ‘n plek
waar net maar weer die ruimtes strek.

Soms stap jy flink
terwyl jy dink
nuwe vêrgesigte wink;
dan weer kan jy net maar hink,
sleep jy moeisaam voort
wagtend op ‘n nuwe poort
aldeur net rakelings vlegtend
met ander deurmekaar,
en moet jy telkens weet
alleenbrood is al te eet.

Ons dwaal maar aldeur rond
en soms vir ‘n sekond
sien ons ‘n vêrgesig
waarop ons al ons kragte rig.
Totdat dit weer vervaag
in newels, laag op laag
en alles nogeens aangaan, deurmekaar,
oormekaar, gans onklaar
vir ewig onverklaar
dog vir altyd daar.

Ek het probeer, meer as een keer,
sonder dat ek leer.
En ek wonder wat is dit wat my dwing
om elke keer van voor af te begin –
Die binnestryd tussen “ongeag”, minder te wees
en die moontlike “sonder trots” te wees,
is altyd daar
en voor ek my gewaar
kies ek sowaar weer my trots;
tot ek hard soos ‘n rots
— my eie koue monument –
opstaan, omdraai om vorentoe, nog ‘n ent,
aanstruikel na die laaste lyn.

Arbeid adel

Wat het van Arbeid Adel geword
In die mammon-afgrond neergestort
Nou praat ons van ‘n gewone arbeider
As ons mens is, is ons gewoon
skep ons ongewone dinge.

Werk jy met jou hande
Is daar weinig bande
Met die boekgeleerdes
Maar weinig weet die geleerdes
Van jou vindingryke oplossings.

Die boekgeleerdes weet van materiaal
Weet waar om die standaarde te haal
Maar kyk dikwels verby die hande
Wat jou van vlakte tot strande
Veilig en geborge hou.

Een klein versie

Een klein versie
in die lig van ‘n kersie
net vir jou geskryf
vir al die lag en lief en leef
en aanhou dryf
om aan te hou en uit te hou!

Jy ‘n man, ek die ewige vrou –
soek net koestering sonder ophou.
Geloof in ‘n toekoms wat wag
maak die horison goud en rosig sag.
Vergete is die sleur van elke dag,
die boosheid van die nag.

Sleur is beur en beur, skouer aan die wiel
tot moegheid indring tot in die siel.
Moegheid wat die kleur uit die more kom haal,
want moegheid is elke dag dieselfde, egaal,
sonder hoogtes, sonder vlaktes,
selfs sonder klagtes.

Jy herinner my met een sonskyn glimlag
aan die man wat voor die preekstoel wag
met hare soos ek dit wou hê –
skoongewas (met natuurlike golf) wat vanself reg lê.
Dit spreek van liefde, geduld en respek,
die liefde wat alles glo en foute bedek.

Love

Love is not like water – or is it?
Does it always take the easy course,
flowing from the source
wherever it may.
Never does it stay.
Some taste a while,
Sparkle, smile.
Some drink deep, thoroughly, use it.
But often when you try to hold it fast,
it never lasts –
leaves only sediment
of dreams and sentiment.

Commitment?

While some of us are joining the meeting,
others are quietly deleting
all rules and regulations,
not manning their stations.
But when confronted,
they were “never updated”,
know not where they came from,
neither where to read or learn from.

How extremely odd sir,
that it was never needed to push or prod,
to make you home to go,
and is it not so,
you never watch the clock when you first arrive
lest it speaks of your guilt?

Hagebuttenthee

Ich mach eine bissl Hagebuttenthee,
denk’ an dir mit soviel Weh!
Warum bist du hingegangen
mich hinter gelassen?
Ich hātte noch soviel Liebe gegibt,
soviel Liebesorgen gemacht.
Ich weine heute
wie das Regen aussen, seh nicht Leute,
nur fremden Menschen schnell vorbei
(sie können auch Geisten sei!)

Es tut mir soviel Leid
Ich bin so weit
von alles was wir geteilt haben,
von alles was wir gehofft haben.
Aber am Ende muss Mann glauben
der liebe Gott sind zu ertrauen.

Menseregte

Jy, mens is deur God geskape –
jou regte?
om God te ken
met Hom in die paradys te wandel
wanneer die dag verby is,
die aandskemering daal.
Maar dit was nie genoeg nie
nie toe nie, en steeds is jy soekend.

Onthou jy jou verbod –
die boom waarvan jy die vrugte nie mog eet nie.
Jy het liewer na jou vrou geluister
en haar aanhitser was die duister.
Jou loon, verwydering van God.

Buite die paradys moet jy swoeg en sweet,
word jy aan aan jou dade gemeet.
Kry jy ‘n nuwe illusie –
‘reg’ op ‘n dak ondanks jou oorsprong uit die stof van die tuin,
‘reg’ op gesondheid terwyl jy jou vergryp aan twak en wyn,
‘reg’ op privaatheid terwyl jy jou lewe op die net met almal deel,
‘reg’ op veiligheid terwyl jy op die rand van die afgrond speel.

Moet ek aangaan
of sal jy voor die spieël gaan staan,
en onbevooroordeeld besluit of wat jy sien
geregtig is op enigiets of selfs iets verdien.

Woensdag, 08 Februarie 2017

Genade is genoeg

Soms klop ons aan ‘n deur
sonder dat iets gebeur
slegs die eggo van die klop
kom praat en hou nie op
om te vertel jy was te laat.

Te laat om die woorde op jou hart
soos krale uit te ryg en al die smart
wat jy veroorsaak het
en al die kwetsende pyle wat jy afgeskiet het,
te salf, terug te roep, met liefde te bedek.

Klop terwyl die huiseienaar nog na jou verlang,
uitsien na jou woorde en jou sang,
jou nog wil innooi,
met jou wil maaltyd hou en met koninklike purper en rooi
jou tafel wil tooi; of wag tot die gasheer die oorskiet by die deur uitgooi.

Want genade is genoeg.

Fokuspunte

Pokkelkind, sit op ouma se skoot.
(Waar is ma?)
Oom Johannes se ‘Vetsak’,
tant Kowie en kinders se ‘Mallies’.
(Waar is ma?)
Ouma Sarie is konstant en trou.

Lokkieskind is toe al die tyd ‘slim’!
Sy is stout, maar sussie is soet.
(Waar is ma?)
Sussie is siek, bly in die huis.
Jy lees te veel – boonop grootmens boeke!
(Waar is ma?)

Ouma boelie, maar ou Gemmer verstaan,
hy vroetel sy neus onder jou arm,
gee nie om, waai sy stert en troos.
(Waar is ma?)
Nuwe huis, nuwe skool.
Word groot, pas vir klein sus op.

By die skool is erkenning en prestasie.
Harde werk, min skoolwerk en baie droom.
(Waar is ma?)
Ma is altyd daar.
Herinner aan Sy gesag en wat ons verskuldig is.
Sy droom ook, werk hard.

Meisiekind, vlug van voet,
snel die lewe tegemoet.
Ma is nog daar.
Wysheid van Bo balanseer die skaal,
trek ‘n streep deur foute,
bou ‘n dankbare verhaal.

Tuin van Herinnering

     1. Wil vir my ‘n tuin plant –
Waar ek as die skadu’s daal
vir oulaas in die laaste lig van die dag kan dwaal.
Waar ek kan sien hoe die son vroeg in die more op die kim verskyn,
die skadu’s en drogbeelde laat verdwyn.
Waar ek op die middaguur ‘n glasie kan klink,
in my gedagte die toekoms kan sien wink.
Waar ek ‘n vuurtjie kan maak brand,
waar ek kan skep met klip en sand.

     2. Wil vir my ‘n tuin plant –
vir Hennie katjiepiering en fuchsias,
vir ouma Drien jakobregop en nemesias,
vir oupa Pietie aronskelke,
vir my pa groenboontjies, rose en angeliere,
vir my ma ‘n hele akkertjie van aandblomme uit die Karoo,
vir Danie aarbeie en rose
en vir Heubrie ‘n koning protea.

     3. Wil vir my ‘n tuin plant –
waar die hele klomp inwoners van my hart en land
saam kan praat en lag

tot lank na middernag.
Vir die Bulle Baberton se madeliefies.
Vir Pieter plant ek koorsbome (by die see as dit kan),
vir Lynnette alles pienk en ‘n enkelvoudige roos,
vir Henk groente van elke soort en ‘n half dosyn doringbome,
vir Drienie ‘n palet – alles deurmekaar
soos vir ‘n kunstenaar.
Vra vir Flip om alles uit te meet
sodat daar geen reguit rye is,
plant vir Gerda vlas
daarmee weef sy en knoop toutjies vas.

     4. Wil vir my ‘n tuin plant –
Maak ‘n hoekie vir sommer net sit
met ‘n stoel en tafel wat met die son versit.
Sorg vir ‘n boom waarin seuntjies kan klim.
Maak ‘n donker kol met digte struike
wat verbeeldingsvlugte uitlok.
Steek ‘n paar kabouters en paddastoele oral weg.
Hang windklokkies sodat feetjies kan dans.
Verf slagspreuke en laat almal onthou
jou hande laat jou drome en gedagtes ontvou.

Opstaanritueel

Dis nog donker.
Tiegher, die superwors is wakker –
kan hoor hy krap sy pens.
Staan op en vou myself oop tot my hele 1,6 m.
Badkamer toe – dis koud.
Tik die alarmkode in.
Tiegher weet reeds wat volg
spoed die donker gang in en wag by die voordeur.
Laat vir Tiegher uit, wat pyl-uit-‘n-boog
om die bure se kat te betrap.
Kombuis toe – ketel aan, buitelig af.
Koffie in die beker
pille uit die kas om my kanse te verbeter.
Tiegher is terug.
Voordeur toe, hang die sleutel op.
Terug kombuis toe – brood in die rooster.
Smeer en kaas uit die yskas en ‘n worsie vir Tiegher.
Ketel kook – kookwater op die koffiekorrels
Water in die ketel bedaar – nie meer borrels –
soos gister se ontsteltenis
wat deur die nag weggepak is.
Mikrogolf die kaas op die brood.
Drink die koffie, eet die kaasbrood met Tiegher op my skoot.

Mienie blaf in die studeerkamer
Ongewoon; sy slaap so laat as wat sy kan.
Is daar iemand by studeerkamer se buitedeur?
Nou blaf beide honde.
Opsie een – sluit die deur na die studeerkamer –
Nie ‘n opsie nie.
‘n deur wat jy toegemaak het
maak moeiliker oop as wat dit toemaak was,
verberg die bedreiging
laat toe dat die spook ongetem agter die deur groei
los jou met hande en voete geboei.

Opsie twee – bewapen jouself
al is die met peper of spuit en bak uit die kas gedelf.
My opsie soos so baie keer al
pak die bul by die horings, konfronteer.
En dit werk, soos so baie keer.
Daar is niks, het myself ure se bang gewonder gespaar.

Verlange

My siel smag na skoonheid,
na die onbekende, die vreemdheid,
van duisende ander se vervulde drome
vergestalt in nuwe woorde, klanke en tone.

My honger gees vergaan
terwyl die mensdom langsaan
onbewus gedurig kom en gaan;
onbewus dat hul ure slaan.

Gedagtes spoed vooruit na beelde,
plekke, mense, sonder een verveelde
uur of dag, sonder moeg word,
sonder kwaad of oud of vet word.

Om net maar weer my eie beeld te sien
Met al die wonde welverdien,
van te min slaap, te veel eet
te veel handel sonder weet.

Sal ek kom by die plek,
die punt net vir my gemerk,
waar ek sal weet, dit is waar
ek van nou af alles wil ervaar?

Versugting

Ek wil, ek wil
dat alles stil
en egaal,
sonder prag en praal,
vir altyd aangaan
net is en aangaan,
sonder iemand wat ophou,
of iemand wat weggaan.

Weet jy hoe lank is nooit?
Nooit weer hoor,
nooit weer sien
is vir altyd verlang.

Ek sien ‘n venster in ‘n muur.
Dis oop vir net een uur.
Buite is dit lig.
Die waarheid,
verlede, hede en toekoms
helder en aaneen alom:
vir jou, vir my,
vir elkeen wat wil bly.

Goeie môre

In die venster sit my lappieskat,
sluimer nog ‘n rukkie liefste skat.
Rooier word die skemer elke uur –
nog ‘n slukkie koffie wyl ek deur die venster tuur.

Stilte oraloor, ook in my.
Kon dit heeldag maar so bly.
So rustig, so bevry
van lieg, van veg en stry.

Dink nie nou al aan die leë ure
of laatnag se dooie vure –
drink liefs die goudgeel sonlig in
en laat die dag se fees begin.

Ewigheid

Na Sy beeld het Hy ons geskape –
so diep het ons geval
net Hy kon ‘n plan uitwerk
om ons uit te red.

Ek wonder, As Adam erken het,
en om vergifnis gevra het,
in plaas van die vrou te blameer
en Eva erken het,
in plaas van die slang te nomineer …

Erken ons genoeg ons wandade?
Gryp ons genoeg Genade?
Of maak ons handelinge
Sy grote gawe oorbodig,
omdat ons dink dit was onnodig.

Bepeins met elke Kersfees die wonder van Sy Genade.
Saai deur heel die jaar van liefde en geneentheid sade
en groot sal die oes wees,
werklike rede vir vrolikheid en fees
ryk aan die vrugte van die Gees.

Seuns

Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.
Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.

Die Muse is terug

En in die middel van die nag,
voor hierdie laaste dag,
skryf ek weer, vloei die woorde
uit die hart se akkoorde:
kyk, ‘n tydperk loop ten einde.

So gepas, Julie met sy trui en jas
word opgevou, in die kas gepas.
Om die draai wag Augustus met sy wind,
om al die spinnerakke wat hy vind
weg te waai, met beloftes vas te bind.

In September, mooi September ontwaak die velde weer,
kom nuwe lewe so nuwe -groen, so teer,
bruis die lewensap, borrel uit –
sing, speel op harp en luit!
En in Oktober, mý Oktober,
kan ek nogeens wen, verower,
die liefde laat blom
tot hemelse vervulling, wasdom,
gaan ek in my heiligdom.

My heiligdom, van liefde, van geluk,
teer gedagtes, vrugte ryp gepluk,
waar ek ongehinder lank vertoef
waar ek soms, deur onthou bedroef,
die glorie van gister beproef.

Ek soek jou in die hele huis:
noudat jy weg is, is ek nêrens meer tuis!
Ek mis jou die hele dag
en erger nog in die nag.
Elke paadjie wat ek loop,
bring herinnering en krap die wonde oop.
In gedagte konsulteer ek nog elke ding,
alles wat ek doen ter herinnering
van jou waardering, kritiek of hekeling.

Herfs

Die koue kom kruip saggies in die dae in.
Soggens wil mens nog ‘n bietjie lê, en drink die warm koffie gretig in.
Die dae is goud en koper soos ‘n laaste uitbundge spandabelheid
Voor die grou en grys van wintertyd.
Soms in die middag voel ek nog die somer op my vel,
laat die loomheid nog die wellus swel.
Wellus vir die lewe,
onverbloemde hartstog vir die hede,
elke oomblik nog ‘n pêrel in die snoer
van Godgegewe dae meegevoer.

Ongemerk, ongemerk kom die donker nader
(of is dit die lig wat stadig kwyn) wyl ons vergader
en vir oulaas hulde bring
aan hulle wat nou met engele sing.

As jy my wil ken

Eet my soos ek ‘n croissant eet –
sonder botter of konfyt
skil die lagies een vir een af
laat dit smelt in die mond.
Doen dit alles tydsaam – sonder haas.
Moenie te veel dink nie.

Drink my soos ‘n glas goeie rooi wyn –
maak skaars jou lippe telkens nat,
voel die fluweel op jou tong,
dink nie nou al aan die leë glas.
Geniet elke drupel
eer die druif se offerande in die pars.

Stap saam met my deur die veld
en vergeet van geld en geweld,
voel die wind deur jou hare,
ruik die soet geel doringboombloeisels.
Laat die stilte deur jou spoel,
sodat Hy jou kan herinner aan jou doel.

Kom sit saam met my om die vuur,
vergeet van elke leë ongebruikte uur.
Pak uit die pêrels van die verlede,
koester dit soos kosbaarhede.
Smee ‘n hegte band van onthou
van liefde en trou.

Sit saam met my op die rotse by die see
staar ure lank na die ewige golwing,
ruik die see,
hoor die meeue,
weet as ons eers weg is
sal hulle nog hier wees.

Opsomming

Hy was ook maar net ‘n bedelaar –
vir ‘n bietjie liefde,
‘n bietjie aandag.
Hy het so baie gegee en so min gekry –
was almal dan so blind?

So ondankbaar soos ‘n kind –
en is dit goed of sleg?
Dankbaarheid kan ‘n ewige las word,
lei tot ontkenning van eie-ek en vermoë.
Drome lê aan skerwe –
die kinders wat hom nie ag,
sit vir sy dood en wag –
gaan alles erwe.

Al die drome en visioene
verdwene in miljoene
mislukkings en laste
kom soos donder uit die bloute
om te kwets, te pynig.

Alleen die liefde bly nog,
regverdig steeds al die bedrog,
van suggesties, van verwyt –
groei ten spyte van tyd,
afstand, haatspraak en nyd.
Om geen drome meer te hê,
is om te sê
al my planne is vergestalt –
of om te weet
ander sal jou meet
aan al die half/ongedane take
wat soos vroeggebore sate
vir altyd op voleinding wag –
die onbeantwoorde vraag
van elke dag en nag:
Wil jy nog,
En indien wel, wat nog?

Nou beskik diegene vir wie jy niks wou gee –
Weet hulle ooit waarom die noodlot dit so bepaal? – weet enigiemand?
Sien jy dit? Weet jy dit?
Wat sou jy anders doen? – wens ek weet!

So lankal het jy reeds gekyk, gesê,
So het menige groot boom
reeds al sy drome uitgedroom,
wat doen ons as die drome uitgedroom is?

Waar jy eens die heerser was,
klim geraamtes uit die kas,
en baie wat nie naby was,
was nou skielik só in pas
met wat jy wou en wie jy was –
hulle was nooit in jou klas!
Jy het jou kodes self geskryf
vir hierdie kort verblyf.

Die huis is nie my huis nie –
Ek is nie langer tuis nie,
Net maar ‘n laslapvrou
wat gehoop het wat sy wou.

Nuwe Jaar, ou begin?

Deel 1

In Januarie kom ons tuis, kom ons tot rus
is die vure van van die feesseisoen geblus.
Kom ons stadig maar seker tot oortuiging
alles wat oënskynlik ongeewenaard sonderling
voorgekom het was glad nie ongewoon nie
het nie eers belofte vir die toekoms getoon nie.

Begin Februarie met reklame vir die volgende seisoen,
reklame vir liefde uit te leef met hier en daar ‘n soen,
‘n skelm drukkie of twee – dit is immers die seisoen –
vergeet gerieflik dat eenmaal gedoen
sal sorg vir baie stille berou,
vir wroeging oor verraad en ontrou.

Oudword

Woorde vloei of storm deur my kop.
Ek neig na links na regs, is skoon raadop
met hierdie lelike uitgediende dop.
Van wat eens gesog, gevier en begeerlik was
is slegs spookbeelde oor.

Rykdom is herinnering aan al die sorgelose dae
voluit aangegryp, geleef en deurgebring.
Vergete is die seer, die onbeholpe hunkering
na reënboogbeelde illusies van skoonheid, prag en praal.

Maar as onthou sou ophou
is die hede net ‘n leë kou,
klinies skoon,
met die minimum gesondheidsvoeding
gesonde sit, staan, gaan en bly,
met gereelde introspeksie,
om elke element wat dalk
die egaal gang versteur
voor te keer.

Dekadensie

Skink nog wyn
Vergeet die pyn
Drink nog ‘n paar pille
Word doof vir die gille

Môre is nog so ver
As die slaglam se blêr
Wie sal volgende jaar nog weet
as ons kies om te vergeet.

Helder vure
donker ure
draai en spoed
terwyl die vlamme woed.

Yl gesigte draai en swaai
terwyl hekse lag en kraai
oor deurmekaar gedagtes
van vrees en klagtes.

Die nag is een lang marteling
waarin duiwels dans en sing,
die sinne tot waansin aanblaas
met hartstog en geraas.

Jesus Christus

Geweld en donker nag
Bring vir ‘n wêreld wat wag
‘n Kind so teer, so sag,
teen wie se krag die satansmag
geen teenstand het.

Soos gister is vandag,
so is môre en elke dag
van toe af tot nou
mits jy Hom vertrou
met jou lewe, jou al.

In ‘n sterbesaaide gewelf
het ‘n heerlikheid verskyn, ‘n teken –
so baie het gesien
en het nie geglo nie.

Politiek het toe al vir party
die werklikheid verbloem.
Onskuldig soos ‘n kind
waardig soos ‘n koning
het Hy Sy lot gedra.

Kyk na jouself.
Hou jy van jou?
Was dit als verniet?
Sê jy vir Hom
“Ek volg” of is jy stom?

Vryheid

Jy is vry,
vry van tyd se tol,
vry van ‘n verpligte rol,
vry van soek
vry van wag
vry van bedel vir ‘n lag.

As jy nie weet jy is arm nie,
is jy nie noodwendig ryk nie.
En soms
is jy ryk en weet dit nie.
En later weet jy
dat jy ryk was.
Weet jy jy het dit nie waardeer,
dit het jou niks geleer.

Ek is nie vry nie.
Nie vry van tyd se spore,
In ‘n vaste rol verlore,
Immer aan’t soek:
wagtend,
bedelend,
vir goedkeuring en
vir koestering,
vir ‘n bietjie liefde.

Toe ek nie geweet het nie
het ek nie gesien nie.
My rede
het my in die steek gelaat;
tot ek deur die sluier
kyk en weet,
jy het klaar geweeg,
klaar gemeet.

En eindelik word alles stil,
is die sirkel heel.

Ek wil hier uit

Tyd het my ingesluk,
verlede weggeruk
toekoms teruggepluk –
daar is net nou
in die newels wat om my vou.

Ek wil hier uit.
Kyk nie net na buite deur die ruit,
maar na die horisonne ver vooruit.
Waar vergestalting wag
met die aanbreek van elke nuwe dag.

En as ek wil, dan kan ek,
kan ek soos die boeremense trek na elke plek,
kan ek verower verder as waar my visie strek,
want met my God spring ek oor ‘n muur
loop ek deur die vuur.

Gedagtespronge

9 tot 5
Niks gebeur voor nege
selfs nie nederlaag of sege.
Na nege is alles peperduur
sy dit per kilo of per uur.
Hoewel die kliënt No. 1 is
het hy geen beheer en is
hy slegs No.1 as dit geleë is
so bly ek en jy ons vergis.
Ons laat die kasregister sing
maar kan niemand dwing
om na ons pype te dans.
Ons bly die voog van die goue-eier gans.

Sin Van Die Lewe
Waar bly die reën
wanneer kom die seen?
Om te kyk hoe plant en dier krepeer
maak almal seer.
Droogte, geweld, aftakeling oral in die land.
Wat is die verband
tussen goed en sleg,
verkeerd en reg?
Dit reën oor almal.
Niemand is te rats om te val.

Prente teen die muur

My mense is nou prente teen die muur –
Die meubels, honde, blomme
praat soos die stoof, nie terug nie.
Net die wind gee die fotos lewe,
as die vensters en deure oop is.
Maar nou is dit winter.
Ek hou die deure en vensters toe
want ‘global warming’ het my oorgeslaan.
My mense is net prente teen die muur.

Van dag tot dag

In elke oggendstond
bruis die lewe in my mond.
Soos vonkelwyn
die nuwe lig en sonneskyn.
Jou hare ragfyn
soos satyn
op my kussing,
teen my wang.

Stadig word die werk die dag
se elikser en krag.
Elke nuwe eis
word nog ‘n nommer op my lys.
Deur die middag knoop
ek toutjies vas en loop
die uur vooruit wanneer
ek tuis die pas makeer.

Die aanduur skemer sag:
‘n voorspel tot die nag.
Swaarder word in lyf en lit
die loomheid en voldoening
van welgedane take.
Betyds bring brood, kaas en rooiwyn
verligting van die pyn,
lê die rooiwyn op my tong,

roomryk, vol:
simfonie van goeie lewe.

I Know I am still here

How do I know I am still here –
Come wind, come sun, come rain
I am never without pain.
Pain betrays the truth – you still have shoulders
you still have knees and elbows
and yes ankles and feet.
And do not forget when you eat
you know that even that gut is still there.

Thanks to God for reminding me that all of it is by His Grace.

Skeppingspiraal

Wanneer is genoeg, genoeg –
of kom genoeg gerieflik na moeg.
Wie sal aanhou en uithou en aanhou
selfs wanneer die slot toneel ontvou,
en môre sonder waarborg is,
of sonder ligpunt is.

Die lewe spiraal wanneer ons berus.
Natuurlik, wetenskaplik, onbewus
van die bepalende patroon –
het Archimedes, Fermat of Theodorus – ofskoon
deurdag, gemotiveer en gepubliseer
steeds van mekaar verskil, en het nie ‘n finale reel neergelê.

Elke lewe wat ontstaan is ‘n middelpunt wat ‘n spiraal begin.
Goddelike skepping, spiraal na buite, boontoe, die ewigheid in.

Doodloopstraat

Elke dorp het ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
met ‘n vreemde huis
waarom die bome ontoeganklik suis;
tog kyk iemand uit
en weet
almal het vergeet
van mense in ‘n doodloopstraat,
van wie almal praat.

Elkeen draai soms in ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
willens en wetens, sonder visie op die toekoms,
sonder hoop op uitkoms,
om net te dwaal.
Terwyl die ure draal,
diep te teug van bittersoet genot
wat in die mond kom vrot –
genot van ‘n doodloopstraat
waarvan almal praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat,
is nie net praat nie,
nie net nog ‘n straat nie.
want niemand weet verseker
hoe hierdie beker
in hierdie hand,
by hierdie mond beland,
weet maar dis ‘n doodloopstraat
waaroor jy liewer nie wil praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat:
vergetelheid in agterstraat gekoop
gewete toe en oë oop,
oop vir sinsgenot
uit die Farao’s pot.
Die ligte lankal uit,
Satan soek sy buit
in die doodloopstraat
waarvan almal praat.

Balans

Is dit wat balans is –
party van ons wat salig onbewus is
en die ander wat bewustelik probeer
slaggate vol emosie te negeer.
Jan is gou met ‘n hou
en voel verplig om te snou
terwyl Koos gedwee die ander wang keer
al was die hou nog so seer.

Is balans dan nie noodwendig in die enkeling
maar eerder noodsaaklik in die versameling.
Die bewustes hou die versameling in stand
terwyl die onbewustes selfs hul siel verpand
om altyd die beste, slimste te wees
sonder enige nabetragting van die gees
waarin hul immer kompeteer,
of hoeveel hul op ander teer.

Madiba drome word werklikheid?

Drome word werklikheid
en word in ‘n deeltjie van die tyd
‘n vae herinnering,
deur ‘n nuwe werklikheid verdring.

Wat sal ek wens?
– dun is die grens
tussen vreugde en pyn,
tussen eg en skyn.
Hoe onverstaanbaar
en moeilik te aanvaar
alles wat die lewe gee:
vir ‘n dag of twee
net voorspoed en geluk,
dan weer eindelose druk
van aanhou en uithou,
van opstaan en weer begin bou.

As jy ophou en stil sit
dan is dit
vir altyd verby
sal jy nooit weer terugkry,
jou siel, jou wil,
word dit vir altyd stil.
En die wind waai,
en jy, jy saai,
en sal nooit weer maai.

Maar as jy opstaan,
sal dit aangaan
en jy sal saai
en jy en ander sal maai.

Mei – Junie

Die koper en goud van die herfs het verbruin en vergeel.
Eersdaags staan die boomgeraamtes swart afge-ets
teen môre-mis en vroeg-aand skemering.
Bedags soek ons son, loop op die krakende lane van koper en goud,
en snags soek ons die warmte van ‘n ander lyf.

Die opbrengs van die somer-oes is meestal verteer.
Slegs droë vrugte en neute is nog getuies
van die arbeidsloon.
En bedags soek ons die son, maak die mandjies bymekaar,
terwyl ons saans die warmte van ‘n glasie sjerrie soek

Spoedig vul die lug met vlokkies waterdamp
wat met koue en wind die kuns van vlug bemeester het
en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son.
Bedags soek ons die son, stap verwonderd in die sneeu,
en saans kruip ons vroeg-vroeg in.

Vroeg-oggend praat ons met wasem-aksente voor die mond.
Die wat kan, berei hul vlug;
in Europa het die lente aangekom.
Maar hier soek ek en jy bedags die son
tot ons saans tevrede op ons eie werf onsself bederf.

Snelwegverkeer

Die wiele sing oor die teer;
binne in my is dit skrynend seer.
My gedagtes is ‘n warboel
en ek is een groot denkelose “voel”

Dan gaan my oë oor die stad
En skielik kom die muse, vat
Die silwer linte van teer,
en vleg beelde soos so baie keer:

Ek sien van silwer linte ‘n reuse spinnerak
gevleg oor bome, pale, elke dak,
(wie hou die punte vas?)
Duisende klein kassies wat op die linte pas

spoed daarop voort –
voort tot ‘n ander oord,
iewers waar daar rykdom is,
waar drome werkliheid is.

En ek spoed willoos voort
hoop daar is ‘n poort
na kalmte, rus en vrede
met geneentheid en liefde sonder rede.

Winterwit

Mevrou, kan ek maar die baadjie kry,
lyk vir my u sal nie so koud kry
in u gestopte Alpe-jas,
daar is seker ook nog ander in u kas.

Met die baadjie kan ek donker opstaan en gaan werk.
En Sondag stof ek hom af vir die kerk.
Saans gooi ek hom oor die kleingoed
hoop hulle slaap warm en soet.

Asseblief Mevrou kyk weer,
jou stewels van leer
het nog geen klip of modder gesien
as ek maar net genoeg kon verdien …

Vir my kinders vir pap en sous
en nou en dan ‘n lekkertjie vir die Kersfeeskous
– o, die botteltjie in my agtersak –
medisyne vir die spoke op die dak.

my vriend die wind

Dis dor en uitgedroog, net ‘n dop
waar lewe moes pols en klop,
maar ek ruik die wind;
ruik die druppels van ver af my kind,
bring verkwikking saam
van plekke nou nog sonder naam.

En my oë soek in die blou:
ek wíl nie meer rou!
Maar ek hoor die wind
in die blare, oor die gras my kind,
en ek wil liewer van voor af begin
al is dit met min.

Ek groet die nuwe dag
maar hoor niemand lag;.
ek voel die wind
oor my wange streel my kind
en ek sien die wind se wuiwende hand
oor die vlaktes van my land.

Nuwe lente bring nuwe lewe,
stoot die sap in litte en lede;
en ek voel die warm wind
tintel van lentelewe my kind,
en ék is die kind en weer ‘n nooi,
jonk, vol vreugde en mooi.

dis nou dit

en voor jy nog begin
word die ure in die dag al min
omdat vooruit beplan, besin
die take tot groter beelde spin
as wat jy kan ontgin

my klerekas is vaal
terwyl die awend daal:
geen opwindende skeppings
wat herinner aan afsprake en ontmoetings
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling,
die vreemde in te loop

moenie wag nie
daar is nie tyd nie
soek die wildste knoop
die rooiste sloop
skep met naald en speld
en net ‘n bietjie geld
elke middernag visioen,
met gepaste kraal en skoen;
beelde nou nog onvermeld

my keel word dik van wellende trane
my gemoed te vol om reg te sien
ek gryp na woorde
na skel akkoorde
om emosies uit te woed
– hoe swaar is my gemoed

breek die boeie wat knel
en laat ons laatnag vertel
van alles lief en goed,
van liefdesvrugte wondersoet
en met vertel sal dit stadig ontvou
die wonders wat jy eens in jou hand kon hou.

vee dan weg die trane
draai maar toe die krane
van Bitterfontein
skink liewer ‘n glasie wyn,
‘n heildronk op die einde van pyn,
lag vir die naderende nag
dit is immers die einde van wag

maar weereens staan ek in donker op.
stilte wat spreek van ander se rus
roep my na buite
waar die mensdom se donker ruite
geheime versluier
en niemand vertel wie kuier
waar hy nie hoort nie
want niemand sê ‘n woord nie

die mis rol aan uit die noorde
(maak dit saak uit watter oorde?)
oneindig sag die beelde gesluier in reën
stilte, vrede, belofte aaneen
van saad, van vrugte en groei wat wag
van nuwe groen, teer en sag

ek laat die stilte in my groei
bly afsydig, onbemoei
asof die hele fel geweld
van liefde, pyn, lewe, dood als wat jou ontsteld
laat gryp na waarheid, sin en troos,
my nie aangaan of raak nie,
so ….. dit maak nooit weer saak nie

slaan jou hardste slag –
ek sal uit my keel uit lag –
bring die digste duisternis
ek vrees nog lank nie uiterstes
lê ek uitgestrek, neergevel –
laer kan ek nie, behalwe die hel
van hoop en hoop vergeefs nog hoop
niks behalwe pyn sal in hierdie lewe tog nog rente loop

maak dus toe die boek
met een versoek
lees maar net
maak dit bietjie pret
om iemand anders se woorde
se sielsakkoorde
‘n oomblik duidelik te hoor
en so jouself te verloor

Herinneringe

Soos kosbare pêrels ryg ons herinneringe
in waardevolle stringe.
Pêrels wil gekoester wees,
wil die warmte voel van siel en gees.
In die stilte van die nag
na die gewoel en gewerskaf van die dag,
vat ons een vir een, vryf dit blink,
kyk diep, laat al die goeie insink.
Dié een is ma – ek sien al haar gesigte –
toe sy my vermaan het, toe sy my getroos het.
Ek sien haar met die skêr, “staan stil, dat ek die mousgate groter kan sny”.
Dié een is pa – ek sien al sy monderings –
sy kortbroek en geswete tuinhoed, sy fiets en werksklere.
Ek sien hom op die sokkerveld, op die hokkieveld.
Dié een is oupa Jan – ons sit voor die kaggel.
En die een is ouma Sarie – sy is altyd daar.
Dié een is my kleinsus Heubrie –
Ek sien die krullebol – van moederskoot
tot kind, tot vrou, tot ma.
Die een is Hennie, my kinders se Godgegewe pa.
Dié pêrel vra meer as net ‘n uur of so,
soos ook my kinders en my sus se kinders.
In al die stringe pêrels – aangetroude familie,
werksvriende, skoolvriende, sportvriende en kennisse
het elke pêrel ‘n besondere plek.
Soos die tyd verbysnel het die eerste pêrel
se spoed die ander pêrels aangetrek,
word die pêrelmassa meer en meer uitgerek
tot die somtotaal verder as die sterre strek.
Breek die eerste pêrel fyn,
bly net rafels in die wind.
Was daar ooit ‘n werklikheid of was alles skyn?

2015 einde Januarie …

2015, einde Januarie
en skaars het Februarie
gesig kom wys
of Maart se winde praat al reeds van ys.
Dit voel mens saans as die son gesak het,
laat jou wonder waar jy die wintersnoesighede weggepak het.

Die nabetragting oor die somer wat so te sê verby is
het baie gehad waarvoor ek dankbaar is:
My vyeboom, groot gegroei en diep in my hart
ondanks die die voëls wat wat dit lok om my te tart,
want díe jaar was die vye genoeg,
het ek nie verniet geswoeg,
het ek die regte lote gelos,
is daar vye by die tros.

Was die boom van die Kennis van Goed en Kwaad
In die tuin van Eden sonder saad?
En indien nie – waar het dit geval?
Op watter berg of in watter dal
sou dit vrugte baar
of is elke jaar sedertdien ‘n slegte jaar.

Want God roep en ons kruip weg
te skaam en sleg
te vasgevang in skuld,
kan ons nie Sy vlekkelose redding duld.
Ons drink liewer wyn
verdoof die wete en die pyn.

Geskiedenis

Van gebeure in woorde vasgevang
is niks nog van belang
nie gevoelens van verwyt of verlang,
nie skilderkuns, beeldhou, musiek of sang.

Die een geslag bly besig
met ontdek, uitvind, oprig;
laat reuse monumente na
waarna net die met geld op hul reise sal vra.
Terwyl die armes krepeer sonder brood,
daagliks stry teen hongerdood,

Seisoene kom en gaan –
niks bly vir altyd staan.
Die ‘wonders’ van die vroegste tyd
verweer en dra die tekens van ‘n stil verwyt:
dat ons met rook en roet en suur verslyt
versnel en prematuur die mens se spore wis.

In elk geval, as al die bouers weg is,
bly daar selde iemand oor wat nog wis
waarom die besondere ou snaar
so streng uitkyk vanaf sy pilaar.
As die snaar gelukkig is,
sal niemand hul vergewis van al sy donker dade;
hom afbring na die aarde,
waar sy kaal gebeente lank reeds verblyk.

Ad Infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin,
sirkuleer, transformeer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie,
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroon nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige sukses se skyn.

Onder die brug

son wat op die water spikkel-flonker,
skadu’s rondom, onder bome mikke-donker,
een middag, duisend maal herroep –
seker nog tot ek op die stoep
my laaste dae slyt
met herinneringe sonder spyt

jy sal nooit weet nie
en ek sal nooit vergeet nie
of dit waarde het
en of dit gehad het
maak gelukkig nou nie meer saak nie
en sal niemand meer traak nie

Lees in die Koerant

Mev. Betroubaar van der Standvastigheid
is onlangs op 98 jaar as gevolg van ‘n siekerigheid,
in haar slaap oorlede.
Sy was een van ons eerste inwoners –
van gedrag, talent en persoonlikheid besonders –

Toe ons op snelweë begin ry het, kan jy onthou,
Was ons gemaan om in ons baan te bly, nee toegesnou:
“Is jy ‘n rondspringbok?”
So bestuur ons die lewe ook.
party wyk uit, soek die pieke, terwyl die ander op een plek spook.

Jy wil seker weet wie is reg –
Is dit hy wat elke skuif met nadenke en oorleg beplan
Of is dit hy wat wag vir die kruin van die golf,
sy spiere span en spring
ongeag waarheen die stroom hom bring.

Waarheid is, in elke oomblik kan jy net besluit
volgens dié oomblik se wysheid.
Het ek maar, dalk moes ek
dien geen doel op die lang duur,
kom net die nou versuur.

Na die lig

Minute word ongemerk ure.
Die ure word dae
waarin gister en eergister vergly.

Wanneer het dit so stil geword,
die huis so leeg
en die kamer so donker.

Hoe het ek hier gekom,
by hierdie plek van net maar wees.
Waar is my hart heen en waarheen my gees.

Soos die sap in die wingerd
saam met die maan opstoot in die takke,
so sal my siel opspring in my binneste

as ek oor Sy grootheid en genade sing,
word my treë vlug
soos ek spoed na die Lig.

Nostalgia

I sit close to where we dreamed,
where the passing of time seemed just a colour of the day,
there was so much to say, to savour, to share
and maybe the truth when we dared.

But all the pictures in my mind
were just illusions of some kind.
Your illusions and mine
simple excuses for celebrations with food and wine.

When all were done
the benefits were none
but memories to recall
when the future is a windowless wall
with no door.

Winterbome

Die somergroen van digte loof
is deur die winter totaal geroof.
Die bome staan daar kaal, elke knoets ontbloot,
staan daar oud, moedeloos, asof verstoot.
Onthou hulle die somerdrif in die are
soos van al die vervloë jare,
die sap wat uit die aarde boontoe bruis,
die wind wat deur die blare suis.
Of staan hulle maar net,
verstrengel in hul eie gedagtenet
vasgevang, onlosmaaklik tot oordenking gebind
totdat die lentewind hul vind.

Vir nou is die musiek van die voëls in hul takke grafstil.
Die koue het ‘n traagheid gebring, sonder wil
tot uitreik na nuwe hoogtes of groei,
sonder verlange na nuwe lewe se bloei.
Die oues peins en tob, versink in die stilte
van nagte se ys en daaglikse kilte.
In stille versugting staan ook die jong boompies
en smag na die loomheid van die somer langs kabbelende stroompies.

Alzheimer’s

Waar stap die ure heen
alleen, alleen, so alleen
sonder mense, sonder stemme
of geluide van voëlsang en wind –
vol van soek en nie vind.

Sou die beelde van dink en doen
so intens met vacuum versoen
dat daar geen buitelyne meer is,
geen vreugde of hartseer.
En niks gebeur weér.

Alles is een groot wollerige, wasige newel
Waarin niemand oorwin of sneuwel.
En waarin geen getuie was of meer is.
Het almal hulle dan verges,
Was alles maar skimme in die mis?

Prentjies in my kop

Straatjies in Mauritius sonder sypaadjies,
woonstelblokke soos kaste met laaitjies
waar mense in holtes en gaatjies
‘n lewe leef, elk na sy smaak en geloof
waarvoor hulle offer, hulself afsloof.

Honde, alle rasse en soorte gemeng
dwaal in die strate, op soek na iets om lewe te verleng-
dis verplig – die Hindoes glo leef en laat leef
al is hierdie hars en dop hoe skeef,
kan mens nog gebedslintjies in die bries laat beef.

By die terminus busse en mense wat wag
vir die tyd, die uur van die dag
wanneer lywe uitgeput in busbankies sink
om deur die venster te tuur sonder dink
net uitsien na die aand se eet en drink.

Die mark het vreemde groente en vrugtesoorte,
mandjies van elke denkbare grootte,
rokke, serpe, sakke (alle soorte),
borduursels, armbande, krale, ivoor
al was hier nog nooit ‘n grootoor.

Kunstig gesnyde pynappels saam met die hitte laat jou watertand
gelukkig word dit sommer verkoop uit die hand,
kan jy kies – met of sonder kerriesous-
die ou is ‘n goeie smous,
kou jy gou en sluk die koel pynappelsous.

Meeste arm huisies het dakke van beton
om later vloer te word vir nog ‘n vlak as dit kon –
want Februarie is sikloontyd
en sinke sou jy moes soek ver en wyd
na so ‘n storm en stryd.

Besoekers sien net witsand strande
bly onbewus van arbeid van ge-eelte hande
wat vir almal van verre lande
moet sorg vir ‘n bietjie plesier
en moet toegee aan hul elke gier,

Vir laas kyk ek af en sien die see, groen-blou
soos ‘n spieël onder ons oopvou.
Die eiland dryf in die golwe soos ‘n reuse juweel
waarop mense baljaar en waarom dolfyne speel
met perfekte choreografie, altyd bereid om hul skoonheid te deel.

Nuwejaar op Geluksdam

Môre is weer Nuwejaar (en Oupa Jan
verjaar).
Almal sal hier vergaar:
familie, vriende nogeens almal bymekaar.
Ouma Sarie hou die leisels met geduld en
liefde vas –
die tannies – tannie Miem, Miempie en
Tiena – moet die disse netjies pas.

Boeboe bring die droë skaapbossies van die
veld,
stook die buite-oond met toewyding en
geweld-
die Ounooi wil ‘n warm oond vir die tertjies
hê.
So nie sal die volkies les opsê.

In die koeler agter die huis onder die
bloekom
kom die gemmerbier tot wasdom.
Kinders probeer kort-kort proe
van konfyttertjies en bier, maar Boeboe
sien alles en maak betyds alarm.

Dis somer en op die plaas is dit warm,
soos dit net in die Karoo kan wees.

‘n Loomheid hang oor die veld, skaap en
bees.
Van vroeg af kom die pêrekarre by die
voorhek in,
ry windmaker by die laning peperbome in
en gooi ‘n wye draai voor die opstal.

Hartlike gegroet en gelag vul die lug.
Kinders verlekker hulle met neefs en niggies
lanklaas gesien, hardloop en gil van pure
plesier.
Aanstons moet die oudste niggies gaan
help.
Dan staan die tafels gedek,
Jy kan maar solank jou lippe aflek –
maar vandag eet die kinders eerste
(anders as by meeste familie feeste).
Die tannies bedien hulle, aartappels, vleis,
groente, beetslaai, rys
en eindelik gestoomde poeding.
Daar was trippense in, eers gekook.
As jy nie één raakgebyt het nie, het dit lank
by jou gespook.

Die grootmense sit aan met wyn by die ete.
Die kinders het al weer gaan speel met die
wete,
vandag is die verpligte middagslapie

vergete.
Tussendeur eet hulle konfyttertjies,
drink hul gemmerbier en kry by oupa
winkellekkertjies.

Laat-laat middag word die pêre weer
ingespan, die kinders geroep om te kom
groet.
Selfs na die laaste pêrekar deur die voorhek
verdwyn,
bly die gees van welwillende samesyn
soos balsem oor die opstalle en lanings
hang.
Herinneringe sal deur die jare nog getuig
van Oupa Jan en Nuwejaar op Geluksdam.

 

Hennie

Kreukels van lag by die hoeke van jou oë
onder gevlerkte wenkbrouboë.

Jou songebruinde vel verhelder deur flitse
van kerslig se blitse.
Ek kyk peinsend, betower.
Jy kyk op en verower.

Jou stil, bedaarde glimlag,
soos lente na die winterwag,
laat dit warm word in my,
maak my menswees bly.

In die donker in jou arms gevou,
koester ek my en bly vertrou
dat dit altyd so sal wees –
JY my vesting teen vrees.

Jy word my skild teen leed
wat my met liefd’ oorreed
om elke nuwe dag
met blyheid te verwag.

Ek dank die Heer vir jou
en bid dat Hy jou veilig hou.

 

Kromdraai se boeresport

By Kromdraai se boeresport
is die broekies styf en die rokkies kort.
Die lywe rooi gebrand,
speel die kinders in die sand.

Die spiere bult en lywe sweet
tussen baie lag en lekker eet.
Perde maal in die stof
tot hul langmaanhaar in die eerste skof.

Wulpse meisielywe vlug en lok
so om die beurt die bok,
tot hy rasend hyg,
oor vrou en kind maar swyg.

Die vrouens lag so uit die keel,
is min gepla met soentjies-steel.
Genoeg om stil te sit en puf,
hul susters met ‘n pouz te bluf.

As die son die aand kom sak
word alles opgepak –
ook die wellus van die dag.
Vergete is die skril gelag.

Môre dra hulle weer
“mevrou-skoene” – egte leer –
trek die rokkie oor die knie
sê nie pruim nie.

Babs van der Merwe
Babs van der Merwe

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Hou van My vriend die wind, laat mens onomwonde dink aan “My friend the wind”

    Goeie gebruik gemaak van sintuie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar