In die blou kamp


Dana Snyman is volksbesit.

Snyman reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad,die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria …

Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms ook skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar “net iets ligs” vir die Kersete gaan bedien.

In sy nuutste boek het Dana 100 van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate.

Die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is nou hierin verwerk. ’n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

In die blou kamp word op 20 Junie 2015 vrygestel.

In die blou kamp
In die blou kamp
In die blou kamp / Dana Snyman — Tafelberg, 20 Junie 2015; 192 p. ; sagteband. — ISBN 9780624072256

In die blou kamp,
Bettie Blom,
24 Mei 2015.

2


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.