Agnes Blannbekin (1244-1315) was ’n Oostenrykse lid van die Benguine, ’n Christelike beweging van vroue wat toegewyd was aan god, kuisheid, armoede en die ideale van die vita apostolica. Hulle word gereeld verwar met nonne, maar is nooit amptelik as sodanig erken nie. Sy is ook bekend as Sint Agnes Blannbekin en die Agbare Agnes Blannbekin.
Agnes was veral bekend vir haar erotiese visioene. In een voel sy die voorvel van Jesus in haar mond: “… sy voel met die grootste soetheid op haar tong ’n klein stukkie vel soos die vel in ’n eier wat sy sluk.” “…sy was in die versoeking om dit met haar vinger aan te raak. En toe sy dit wou doen, het daardie velletjie vanself in haar keel afgegaan.” Let wel dat die voorvel nie meer vas was op daardie stadium nie.
Sy het ook geweier om vleis te eet, want volgens haar was die liggaam van Christus al vleis wat sy nodig het.