Internet-data geargiveer

Miljoene twiets, Facebook-boodskappe een selfs blogs sal in ‘n nuwe Britse argiefstelsel gestoor word.

Die Britse Biblioteek gaan in samewerking met vier ander biblioteke poog om die meeste van die inligting wat op die internet gepubliseer word, te stoor.

Dié nuwe argief sal sowat 4,8 miljoen webtuistes dek.

Die argief behoort teen die einde van die jaar vir die publiek beskikbaar te wees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply