Alien Sky

Alien Sky is die multi-dissiplinêre, veel bekroonde Karin Hougaard se nuutse musiekproduksie met musiek van haar gelyknamige CD.

Die vertoning sluit ook ‘n handvol van haar meer bekende treffers in. Sy besin oor verstrooiing, vervreemding, afsterwe, hunkering en aan die beweeg bly. Hougaard se haunting komposies en gestroopte gedigte uit die vreemde, word as bindingsteks deur bekroonde skrywer Deborah Steinmair aanmekaar en inmekaar verweef.

Regisseur Michèle Nigrini se kunstenaarsoog sorg vir spanning, ambience en nuanse. Die assistant-regie en tegniese versorging word behartig deur Johan Hendriksz. Karin word begelei deur maestro Chris van der Westhuizen.

Alien Sky - Karin Hougaard
Alien Sky – Karin Hougaard

Lewer kommentaar

Leave a Reply