Kobus Spies se Klein Karoo op doek

Kobus Spies van Oudtshoorn stel die eerste keer sy kunswerke aan die publiek bekend.

Sy liefde vir kuns het op skool, die eertydse Oudtshoorn Boys’ High, begin, en nou na 50 jaar van boerdery en sakeondernemings beoefen hy sy passie voltyds. Sy werk getuig van die groot invloed wat die omgewing: Die skerp kontraste, warmte en kleurvolheid van Oudtshoorn word in olieverf met ’n lekker los styl op doek aangewend.

Klein Karoo Klassique 2009
Daagliks van 10:00 – 17:00.
Prince Vincent Gallery

Lewer kommentaar

Leave a Reply