Die wêreld se sterkste skip kan 100 000 ton vervoer.

Die Dockwise Vanguard het haar eerste vrag in 2013 vervoer, die wêreld se grootste drywende olieboor, die Jack/St. Malo, ’n knewel van 53 000 ton.

Die Dockwise Vanguard dien ook as ’n droogdok, omdat sy 16 meter in die see kan wegsak om haar vrag op te skep.

Sy het destyds 240 miljoen dollar gekos en het ’n bemanning van 40. Daar is tans planne om ’n nog groter opvolger vir haar te bou.

Dockwise Vanguard
(foto: Youtube)
Dockwise Vanguard
(foto: Kees Torn)

Lewer kommentaar

Leave a Reply