Leeus is hupstoot vir die ekonomie

Die onlangse rugbytoer van die Britse Eilande na Suid-Afrika het R1,47 biljoen bygedra tot die plaaslike ekonomie.

Die 37 000 besoekers van Brittanje en Ierland wat in Suid-Afrika was vir die rugby se bydrae was omtrent gelykstaande aan 10% van die land se jaarlikse inkomste uit toerisme.

Die rugbytoeriste het ‘n gemiddeld van R44 622 per persoon spandeer in die gemiddeld 16 dae wat die persoon in Suid-Afrika was.

Hierdie syfers is geneem uit ‘n gesamentlike studie van Octagon Marketing, Kamilla-SA Sport and Tourism Consultancy en Umcebisi Business Advisors.

Lewer kommentaar

Leave a Reply