Meer van Suid-Afrika op Google Street View

Daar is nou ekstra foto’s van Suid-Afrika op Google Street View. Daar is nuwe foto’s vir Limpopo, Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga.

Die mees suidelike punt van Afrika debuteer ook met die byvoeging van Kaap Agulhas. Of volg die pad langs die weskus op deur die Weskus Nasionale Park en Saldanha. Of kies die ander kus en besoek Port Edward.

Indien jy meer belangstel in die noordelike dele van Suid-Afrika kan jy nou die hoofstad van Limpopo, Polokwane, besoek, of wat van Mthatha, Mokopane of Harrismith.

Mens gebruik die Street View funksionaliteit in Google Maps.

Lewer kommentaar

Leave a Reply