Ruimteoorlog

Die Amerikaanse Lugmag se X-37B is verlede week die ruimte in geabba deur ’n Atlas V-vuurpyl en niemand weet wat dit daar gaan maak nie.

Alle inligting oor die X-37B-projek is in 2004 as geheim geklassifiseer. Die ruimetetuig is amper 9 meter lank en kan vir 9 maande in ’n wentelbaan om die aarde bly. Vreemd genoeg sê die Amerikaanse weermag dat hulle nie weet wanneer die X-37B terugkeer aarde toe nie en is tjoepstil oor wat aan boord is.

’n Tweede X-37B word volgende jaar gelanseer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply