Die vagina monoloë

The Vagina Monologues gaan nou vir die eerste keer in Afrikaans opgevoer word.

Van skreeusnaaks tot diepe ontroering en ontnugtering, van Waterkloof tot Mitchells Plein, gee Die Vagina Monoloë met deernis ’n stem aan onse vrouens (en mans!) se diepste vrese en fantasieë. Hierdie wêreldbekende kragtoer spreek tot geheime en onderdrukte gevoelens. Tot wysheid en geluk en hartseer. En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid – ʼn lewensaspek wat vrouens èn mans raak.

Die eg Afrikaanse karakters eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid. Soos Antoinette Louw (vervaardiger en vertaler) in Die Burger sê: “Die hele projek is ʼn viering van vrouwees. Baie vroue is alleen omdat hulle vergeet hul geluk hang nie af van ander mense nie. En volronde geluk sluit ook ons seksualiteit in – ’n natuurlike deel van menswees wat onder die mat gevee word. Maar volrondheid kan slegs gebeur as ons, vrouens en mans, ophou om skaam en bang te wees. En die eerste stap is om dit in ons eie taal te eien.”

Die monoloë word vertolk deur Antoinette Louw (Inge van 7de Laan; Dis ek, Anna), Lulu Botha (Indien moeg, Stop/Rus) en Jacqui du Toit (Home Affairs; Bacchus in die Boland).

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lulu Botha, Antoinette Louw en Jacqui du Toit
Lulu Botha, Antoinette Louw en Jacqui du Toit

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply