Die pad lê donker, eindeloos voor my. Soos my lewe. Nee, soos my lewe was. Voor die son môre opkom sal ek hom in die oë kyk, sal ek hom laat boet. Ek is op pad om my lewe terug te vat. Nie te vra nie. Nie te bedel nie. Te vat. So sal dit wees.
Die novelle, Dis ek, Anna, geskryf deur Elbie Lötter ( skuilnaam), is suksesvol deur Anelle Bester vir die verhoog verwerk. Die produksieis met groot sukses by beide die Volksbladkunstefees en KKNK opgevoer. Dis ek, Anna, is ‘n verhaal van seksuele misbruik, verkragting en ‘n verhaal van ‘n vrou se oorlewing.
Spelers soos Antoinette Louw (as Anna), Pieter Taljaard , An-Marié Loots, Jaco van der Merwe, Aniel Wege, Danelle Pieterse en Quintus Astlett blaas lewe in hierdie verhaal met regie deur Pieter Venter.
Gariepfees / Gariep Kunstefees 2009
By Diamantveld op
5 Sept om 18:00 en
6 Sept om 12:00.
R80 (SG: Geen O-16)
Related posts:



[...] met Sandra Prinsloo, trek oral vol sale en by Aardklop sal dit gewis ook so wees. Die ontstellende Dis ek, Anna, gegrond op Anelle Bester se boek, herleef vanjaar in ‘n professionele produksie ná dit [...]
[...] monoloë word vertolk deur Antoinette Louw (Inge van 7de Laan; Dis ek, Anna), Lulu Botha (Indien moeg, Stop/Rus) en Jacqui du Toit (Home Affairs; Bacchus in die [...]