Almal weet borsmelk is goed vir babas. Dit bevat alle nodige voedingstowwe en bou die kleintjies se immuniteit op. Maar werk dit vir volwassenes?
Georgia Browne en haar pa wend nou ‘n poging aan om uit te vind. Georgia se pa is in 2007 met kolonkanker gediagnoseer. Sy was verpletter deur die nuus, maar toe hoor sy dat borsmelk dalk kanker kan beveg. Nou drink Georgia se pa elke dag haar borsmelk.
Hy kry dit darem oor sy pap.
